FOTO Instagram / @Jensenackles

FOTO Instagram / @Jensenackles

Het jy gehoor?

Tweeling vir Supernatural se Jensen

Die Hollywood-akteur Jensen Ackles, beter bekend vir sy rol in die Amerikaanse reeks Supernatural, het die naweek ’n tweeling ryker geword.

Hy en sy aktrise-vrou, Danneel Harris, het reeds ’n eersteling, JJ. Die trotse pa het die nuus op sosiale media gedeel.

En die bloedjies se name? Niks minder as eg Hollywoods nie. Een is Zeppelin Bram en die ander Arrow Rhodes.  Die tweetjies is glo genoem na die bands Led Zeppelin en Aerosmith.

Lees nou

Kuns op jou lippe? Kyk hoe mooi!

Ontmoet die regte Naked Chef!

Therese Benade is verloof