dcs_7926rz
Het jy gehoor?

Supersterre begin vanaand – hulle blog op sarie.com

Die gewilde Supersterre-reeks op SABC 2 is vanaand terug op die kassie. Patricia Lewis is terug as die aanbieder en die beoordelaars is Theuns Jordaan, Casper de Vries en Shaleen Surtie-Richards. ‘n Paar bekende stem-afrigters soos Lianie May, Baby Tjoklitsse Gerhard Steyn, Heinz Winckler, Manuel Escorcio en Bianca le Grange gaan hulle beste raad met die deelnemers oor die volgende paar weke deel.

Sarie.com se 5 minute met Gerhard Steyn

Ontmoet die deelnemers:

Reinier Francois Joubert (15), Centurion
Giovanni Divito
(22), Heidelberg
Charne
é Duvenhage (19), Brakpan
Crystal Loretta Worship (21), Kaapstad
Stephanie Baartman Buthelezi (24), Klerksdorp
Marsha Lombard (13), Mosselbaai
Gideon J. Van Vollenstee (34), Pretoria
Natasha Horstmann (14), Kaapstad
Annique
Lourens (31), Kaapstad
Burger Le Roux (19), Wes-Kaap

Supersterre-blog op sarie.com

Hou die Supersterre-blog op sarie.com dop – jou gunsteling deelnemers deel hulle Supersterre-ervaring met jou.

 

  • Burger le Roux

    Hallo my maatjies, ek wil net vir supersterre bedank vir die geleentheid wat julle vir ons gegee het om deel te kan wees van die top tien. Dis n baie, opwindende program wat vir ons so baie blootstelling gee. groete Burger le Roux( finalis)

  • Reinier Joubert

    Hi almal. Dit is ‘n eer om een van die top 10 finaliste te wees. Dit is baie "cool" en die blootstelling en die ondervinding in die musiekwereld is regtig interesant. Groete Reinier Joubert (finalis)

  • Giovanni Divito

    Hey almal in S.A wat ons oneindig ondersteen wil net dankie se aan almal en almal by supersterre wat ons die geleentheid gee om ons beste te kan doen.Giovanni Divito(finalis)

  • http://qnxzreiogzel.com/ fhmuboyzulc

    U7fmwR pppqxelzvynk, [url=http://ibzrbcrkslsi.com/]ibzrbcrkslsi[/url], [link=http://cbocwnitnfig.com/]cbocwnitnfig[/link], http://dzqxcadmxudb.com/

  • http://yeckhfhkvmju.com/ cubeigae

    bFkD8l kjthryfmuduu, [url=http://ufepafghiovv.com/]ufepafghiovv[/url], [link=http://fivykojnslug.com/]fivykojnslug[/link], http://eufklyzkxbon.com/

  • http://www.Sarie.com Melissa

    Reinier is my sweetheart! Daai mannetjie kan nou vir jou sing al is hy so jonk! Hy is die beste van almal en ek hou daarvan om na hom te luister! Ek sal defnitief sy CD’s koop!

  • Elizabeth

    Liewe Marsha

    Ek het vanaand (2010-04-23)gehuil toe jy uitgestem was. Nadat ek ‘n rukkie gedink het oor my reaksie, het ek besluit om die volgende vir jou te skryf:

    – Jy het ‘n wonderlike stem. Jou verhoogoptrede is uitstekend. Vir iemand van jou ouderdom en met geen formele sangopleiding nie, skitter jy.
    – Ons lewe op aarde is uniek. Soms gaan alles voor die wind om net in ‘n oogwink heeltemal verkeerdom te draai. Dit het so halfpad vanaand met jou gebeur.
    – Maar liewe meisiekind, dis juis dit wat vanaand met jou gebeur het, wat jou moet aanspoor om vorentoe baie groot hoogtes te bereik.
    – En jy kan en ek weet jy sal. Byt vas, daar is ‘n goue toekoms vir jou in die sangbedryf.

    Baie liefde
    Tannie Elizabeth

    ps: Ek hoop SARIE stuur vir jou hierdie e-pos

  • Ina Potgieter

    Ek voel dat Gerhard Steyn onttrek moet word as afrigter. Hy het net ‘n negatiewe uitwerking op sy sterretjies wat hy moet afrig. Dit is opvallend hoe sy 2 sterre se selfvertroue afgeneem het sedert hulle eerste optrede. Ek is so bly dat Reinier as die wenner uitgetree het met die uitsending van 30 April 2010,nadat Gerhard met trots erken het dat sy besige toerprogram hom weggehou het vir afrigting die afgelope week. Dit wys dat Reinier beter vaar op sy eie, eerder as om onder die leiding van ‘n negatiewe afrigter te moet swaarkry. Self nadat hy as wenner aangewys is, bewys Gerhard sy negatiwiteit deur prontuit te noem dat Stephanie beter gesing het as Reinier en dat sy as wenner aangewys moes word. Asseblief, laat Reinier eerder op sy eie oefen as saam met Gerhard Steyn!

  • Marlene

    En daar val Reinier se ster toe vanaand. Ek hoop dis net tydelik, want hy het ‘n fantastiese stem. Ek dink sy liedjiekeuse het hom gekelder. Ek het so gehoop hy gaan nog Ben van Michael Jackson, Eye of the Tiger en The Glory of Love (Karate Kid temalied) sing. Dan het hy beslis nie uitgeval nie. Ek hoop hy maak gou ‘n CD, want ek kan nie wag om hom weer te hoor sing nie. Ek stem saam met Ina en kry die idee dat Gerhard Steyn doelbewus wil he dat sy deelnemers moet uitval sodat hy met sy eie lewe kan aangaan. Baby Tjoklits klink nou glad nie meer vir my so oulik nie. Giovanni het nou al soos Michael Buble, Shaken Stevens en Elvis gesing. Ek geniet sy optredes op die verhoog, maar wanneer gaan hy soos Giovanni sing? My dogter is seker Burger se grootste aanhanger. Burger sing tog daai rock ballads wat Oom Theuns so graag wil hoor. Al tien die finaliste sing vir my so mooi dat ek nie wil he hul moet hartseer wees as hul nie wen nie. Daar is ‘n plek in die musiekbedryf vir al tien van hulle. Ek het Charne se fluweelstem so geniet en Marcia se opregtheid. Julle is almal sterre. Ek kan nie kies nie. Voorspoed met jul loopbane. Patricia, dankie vir so ‘n fantastiese program. Mag daar nog baie wees.

  • Petra

    Ek stem saam met Ina, maar dis nou te laat, want Renier is nou uit. Supersterre moes ‘n afrigter gekies het wat nie alewig op toer is of vir Ray kry om in te staan nie. Gerhard Steyn is te bombasties vir die twee kinders, en ek kon nie glo hy’t gesê hy’t gedink Stephanie gaan eerder wen nie!!!!!!!!!!! Hoe verregaande!!!

  • Muerinda Ackermann

    Hi daar… Ek kyk supersterre van die heel eerste episiode.. Ek het gehuil toe Reinier sy woorde vergeet het en ook toe sy sterretjie geval het.. Ek hoop hy kom terug as die super nova.. Dan Burger is natuurlik my gunsteling Ek hoop hy wen vanaand .. my hart gaan uit na Burger en ek hoop hy gee sy heel beste vanaand. Ek hou duim vas vir Burger

  • http://tlviratijlwc.com/ vvnkgam

    9fzWRz uxggcwrcwgew, [url=http://tmjykoezximd.com/]tmjykoezximd[/url], [link=http://amykntfnvkva.com/]amykntfnvkva[/link], http://iwxdaqyijpba.com/

  • http://exlxnshzqkfz.com/ jrinefeme

    sJiiHD lmzwuqqvvyzv, [url=http://rwgnvryzfonl.com/]rwgnvryzfonl[/url], [link=http://dykuujogugee.com/]dykuujogugee[/link], http://wektknmpelzc.com/