Het jy gehoor?

Supersterre – die finaal: Burger wen!

Burger le Roux het die die Supersterre-finaal gewen! Dit was tussen hom en Giovanni Divito in die eindstryd. Burger het met net 6 stemme gewen.

“Dit is droom wat waar geword het, ek’t nie woorde nie. Dankie aan Supersterre vir die geleentheid, my familie vir al die ondersteuning en vir die res van SA wat agter my gestaan het. Ek sien uit na my nuwe album!” het Burger gesê.

Marsha Lombard was die Super Nova in die finaal.

Burger wen ‘n R500,000 platekontrak wat ‘n video-opname insluit. Plus R100,000 kontant. Manuel Escorcio, Burger se sangafrigter, wen ook R100,00.

Daar was sowat 5000 mense in die gehoor by Carnival City waar die finaal gehou is. Steve Hofmeyr, Shaleen Surtie-Richards, Theuns Jordaan en Casper de Vries was ook daar. Steve Hofmeyr, Bianca le Grange, Gerhard Steyn en Manuel Escorcio het gesing.

So het Burger in sy eeste sarie.com-blog geskryf

Supersterre is ‘n ongelooflike ondervinding! Jy werk saam met van SA se grootste celebs. Mense soos Patricia, Mark, Gerhard Steyn, Theuns, Shaleen Surtie-Richards, Casper de Vries, Brandon October, Heinz Winckler, Biana la Grange, Lianie May en nog ander.

Die beste ervaring hiervan vir my was om Steve Hofmeyr en Manuel Escorcio te ontmoet. Hulle is lewende legendes.

Ek oefen omtrent ‘n uur per dag. Soms meer, maar dit hang af van my skedule. Die beste raad wat ek nog by my afrigter, Manuel Escorcio, gekry het, was om nederig te bly, myself te wees en om dankbaar te wees vir elke geleentheid wat iemand my gee.

My grootste verleentheid was toe ek een keer op die verhoog my woorde vergeet, en toe begin huil het. Mmm… “Cowboys also cry,” het Manuel Escorcio vir my gesê. Gelukkig het ek na die volgende rondte deurgedring.

My lekkerste oomblik op die verhoog was toe ek Bed of roses gesing en Shaleen Surtie-Richards spontaan begin huil het. Dit was oor die groot verbetering in my optrede.

Vir al die aspirant-sangers daarbuite, moet nooit ophou om in jouself te glo nie. As jy ‘n droom het, sal dit waar word.

Groete,

Burger

  • Rika

    Mag jy net voorspoed ervaar in jou loopbaan. Hopelik hoor ons nog baie van jou. Jy het Steve se lied ongelooflik mooi gesing. Mag jou ster sommer nog lank brand

  • Henry Duvenage

    Burger gee mens net hoendervleis wanneer hy sing en optree. Theuns en Steve julle het julle Moses (nee burger) teegekom. Sal graag meer van Burger en Mario saam wil hoor asook Burger en Theuns of Burger en Steve, om nie eens te praat van Burger en Nia Nel.
    Waar kan mens n’ CD van Burger kry?
    Burger bly asb net soos jy is. Ek glo jy sal ons nie teleurstel soos baie ander jong sangers.

  • Bettie Wolmarans

    Wonderlik wat Patricia vir hierdie jongmense beteken. Sy lyk pragtig in al haar rokke. Ek maak so lekker huisskoon op die maat van haar musiek.Ek hoop dat sy al klaar besig is met die volgende reeks. Dit was ‘n hoogtepunt op ‘n Vrydagaand.

  • Saretha Benade

    Ek moet erken,met die eerste episode het ek gevoel dat Burger maar kan uitval,al die ander was beter as hy.Maar,soos die programme gevorder het,kon ek elke keer sien hoe hy groei en verbeter.Ek was baie bly toe hy wen,want hy het dit regtig verdien,hy het hard gewerk om so ver te kom.Baie geluk Burger,mag jy nog ver gaan met jou sangloopbaan en moet nooit vergeet waar jou hulp vandaan kom nie.Alles wat mooi is.

  • Linda

    Burger, ek is so bly hulle het jou laaste laat sing Vrydagaand, jy het ge-rock ek het sommer hardop geskree toe Patricia jou naam uit lees. Ons het ‘n funksie by die werk gehad toe vra my vriendin se seuntjie vir my of ek Super Sterre gaan kyk, en vra toe vir hom wie dink hy gaan wen en hy se Burger gaan wen. Dit was lekker jy het baie mooi gesing ek hoop ons hoor binnekort van jou. En Manuel baie dankie vir al jou harde werk wat jy vir Burger geleer het, ek is bly dit het goed afgeloop. Jy verdien dit. Sterkte.

  • Simone

    Burger het werklik verdien om te wen. Van al die finaliste het ons hom die meeste sien groei in die reeks. Dit wys hoe hy die raad van Manuel en Gerard gebruik het tot sy voordeel. Alle Sukses Burger, jy gaan ‘n GREAT sanger wees, wens net ek was so 20 jaar jonger!

  • Yvonne Smith

    Burger, jy is super hot! Jy’t die hele pakket………..stem, looks, voorkoms, gesindheid, ens. Ek kan nie wag vir jou CD nie…………baie sterkte vir jou!

  • Dorie Brits

    Theuns Jordaan
    Moenie al van die begin n "blue eye" kies nie. Baie swak smaak en jy is nie objektief nie. Waarom is jy dan n beoordelaar?. Enige rugby , sokker is n reeks ek glo ook Supersterre, jy wen nie op slegs n aand se goeie vertoning nie , maar n hele reeks se goeie vertonings.

    Daar is ander deelnemers wat sien daar is onregverdigheid.

  • Marinda

    Van die begin af (ten spyte van almal se negatiewe kommentaar) was my geld op Burger -ek’s mal oor hom! Ek kon nie Vrydagaande wag vir Supersterre nie en toe dit lyk of Burger dit nie gaan maak nie, was ek sommer lekker omgekrap, omdat ek gedink het daar is ander wat eerder moet uitval as hy. Ek het net geweet hy gaan wen en ek het skoon hoendervleis gehad toe Patricia hom aankondig as wenner.

    Burger, jy’s pragtig, hou so vol en onthou, dis nie net jongmense wat van jou musiek hou nie, ons ouer mense ook. Kan nie wag vir jou eerste cd nie en sal die CD winkels met valk oë dophou om te sien wanneer jou cd op die rak is!

    Sterkte en geniet wat jy doen.

  • Marie Laufs

    Burger, jou droom het waar geword en jy het hard gewerk daarvoor. Dit is ‘n groot inspirasie vir oud en jonk. Ek is ook mal oor jou stem en nederigheid. Hou dit daar.

  • Lizelle van Wyk

    Ek het beslis van die eerste dag af geweet Burger het talent, ‘n stem soos daardie is net amazing. En toe die ander afrigters se hy moes lankal uitgeval het, was ek bietjie paniekerig, maar hy het deur getrek, geluk vir jou Burger, dit was amazing, ek is defnitief ‘n fan en kan nie wag vir sy cd nie. hy het gegroei en het dit beslis verdien.

  • Riana vH

    Burger

    EK IS SO BLY JY HET GEWEN!!!!!!!!!!!!!!!!
    Ek was so stupid, ek het laas Woensdag probeer uitvind wie gewen het, en het iewers op Sarie se blok gelees Giovanni het gewen,ek was so teleurgesteld.
    Ewe dapper het ek toe maar Vrydagaand op TV gekyk en na jou optrede was ek so depressief want jy was fantasties en hoe is dit moontlik dat jy nie gewen het nie. Die volgende oomblik kondig Patricia aan dat jy die wenner is, ek het kliphard gegil "bliksem" my man storm toe voordeur toe om te sien of iemand my gehoor het.

    Ons is so bly vir jou, jy het ‘n wonderlike stem en ons kan nie wag vir jou CD en video. Nog minder kan ons wag om jou optredes by te woon.

    Ek bid net dat jy jou voete stewig op ons pragtige aarde sal hou en sterk sal staan teen die versoekings wat op jou pad gaan kom!

    Ek voorspel ‘n blink toekoms vir jou en sien al hoe jy al die ander kunstenaars gaan onttroon.

    Ons het sommer baie lief geword vir jou.

  • Riana vH

    Burger

    EK IS SO BLY JY HET GEWEN!!!!!!!!!!!!!!!!
    Ek was so stupid, ek het laas Woensdag probeer uitvind wie gewen het, en het iewers op Sarie se blok gelees Giovanni het gewen,ek was so teleurgesteld.
    Ewe dapper het ek toe maar Vrydagaand op TV gekyk en na jou optrede was ek so depressief want jy was fantasties en hoe is dit moontlik dat jy nie gewen het nie. Die volgende oomblik kondig Patricia aan dat jy die wenner is, ek het kliphard gegil "bliksem" my man storm toe voordeur toe om te sien of iemand my gehoor het.

    Ons is so bly vir jou, jy het ‘n wonderlike stem en ons kan nie wag vir jou CD en video. Nog minder kan ons wag om jou optredes by te woon.

    Ek bid net dat jy jou voete stewig op ons pragtige aarde sal hou en sterk sal staan teen die versoekings wat op jou pad gaan kom!

    Ek voorspel ‘n blink toekoms vir jou en sien al hoe jy al die ander kunstenaars gaan onttroon.

    Ons het sommer baie lief geword vir jou.

  • Elmarie Malan

    Baie geluk Burger, ons kan nie wag vir jou eerste CD nie. Dit was ‘n tawwe stryd maar jy het verdien om te wen. Jy het Suppersterre gewen die oomblik toe jy Jessica van Ray Dylan gesing het. Alle voorspoed met jou toekoms.

  • Muerinda

    Baie geluk Burger, jy verdien om te wen.. Ons is baie trots op jou.. ek het van dag een af van jou gehou.. bly altyd nederig en ons hoop jou CD word gou vrygestel. Sal al jou CD’s koop.. JY IS ‘N SUPERSTER!!! Mag jy dit nog ver bring en ‘n suksesvolle loopbaan maak van jou sang.. WYS almal dat jy dit kan doen… ALles wat mooi is vir die toekoms.. Baie geluk aan jou ouers want hulle het ‘n wonderlike kind groot gemaak. Dankie Patricia vir wat jy doen vir Afrikaanse musiek… JY IS WONDERLIK..

  • JUANITA VAN PRETORIA

    EK STEM NIE SAAM MET DIE DAT BURGER GEWEN HET NIE, MAAR HY HET BAIE LOS GEWORD IN DIE SERIES. MY STEM BLY NOGSTEEDS GIOVANNI DAVITO. JY ROCK GIOVANNI JY HET DIT OM N STER TE WEES EN EEN TE WORD. JY GAAN OOK NOG VER IN DIE LEWE KOM MET DIT WAT JY DOEN.

  • Naomi du Plessis

    Burger, as deel van die tegniese span van Supersterre wil ek net se ons is baie trots op jou! Jy het gegroei in die reeks. Ons het backstage met jou gewerk wlke week, en jy het die temprament om dit groot te kan maak! Well done Burger, die A Span is trots op jou!!

  • BURGER JY IS GREAT EK HET GEWEET JY GAAN DIE VOLGENDE STER WEES. BAIE GELUK EN MAAK DIE BESTE VAN DIE GELEENTHEID WAT VIR JOU GEGEE IS VAN BO. STERKTE EN MAAK ONS TROTS WYS JY KAN. EN JY GIOVANE JY IS NET SO GROOT STER EN JY SAL OOK EENDAG JOU DROME VERVUL AS DIT NIE REEDS VERVUL IS NIE. ALMAL IS MAL OOR JULLE ALBEI WEES TROTS OP WAT JULLE VAN HIER AF DOEN. SHARON PRETORIA

  • Baie geluk Burger. Ek het die heeltyd vir jou duime vasgehou en selfs vir jou gestem. Jy is ‘n superster en ek is bly jy het gewen. Sterkte met jou loopbaan.

x
LEES NÓG Is hý die mooiste prins?

Dink jy aan ’n prins, is die kans goed dat prins Harry eerste in jou kop sal kom. Dié rooikop is immers in ’n 2016-peiling deur die webtuiste Crown Clinic aangewys as die wêreld se mooiste prins. Maar kort op sy hakke was …

X

Kry jou
SARIE.com-nuus direk


Bly op hoogte van al die inligting wat jóú raak. Ons deel die belangrikste nuus, stories uit die celeb-wêreld, die weer in jou area, lekker en vinnige resepte, nuwe mode- en skoonheidstrends en nuttige wenke om jou lewe makliker te maak - direk per e-pos.

Ons gesels ook oor nuwe musiek, konserte en winkels wat afslag bied.

Die SARIE.com-nuusbriewe gee jou 'n kykie na die SARIE-wêreld wat ook jóú wêreld is. Kies watter jy wil ontvang: