dcs_7663rz
Het jy gehoor?

Supersterre – Episode-wenner Burger blog: “Grootste oomblik om vir Steve te ontmoet”

Supersterre is ‘n ongelooflike ondervinding! Jy werk saam met van SA se grootste celebs. Mense soos Patricia, Mark, Gerhard Steyn, Theuns, Shaleen Surtie-Richards, Casper de Vries, Brandon October, Heinz Winckler, Biana la Grange, Lianie May en nog ander.

Die beste ervaring hiervan vir my was om Steve Hofmeyr en Manuel Escorcio te ontmoet. Hulle is lewende legendes.

Ek oefen omtrent ‘n uur per dag. Soms meer, maar dit hang af van my skedule. Die beste raad wat ek nog by my afrigter, Manuel Escorcio, gekry het, was om nederig te bly, myself te wees en om dankbaar te wees vir elke geleentheid wat iemand my gee.

My grootste verleentheid was toe ek een keer op die verhoog my woorde vergeet, en toe begin huil het. Mmm… “Cowboys also cry,” het Manuel Escorcio vir my gesê. Gelukkig het ek na die volgende rondte deurgedring.

My lekkerste oomblik op die verhoog was toe ek Bed of roses gesing en Shaleen Surtie-Richards spontaan begin huil het. Dit was oor die groot verbetering in my optrede.

Vir al die aspirant-sangers daarbuite, moet nooit ophou om in jouself te glo nie. As jy ‘n droom het, sal dit waar word.

Groete,

Burger

  • DICKY VAN ROOYEN

    BURGER ,,,,, JY IS SUPRR COOL ,, JYS REG COWBOYS ALSO CRY ,,, DIT HET AL FREAKIN BAIE MRT MY GEBEUR , SO ALL WHAT I CAN SAY IS , JUST KEEP IT UP BOY , GLO NET IN JOUSELF EN MOENIE EEN OOMBLIK LAT SLAP LE NIE ,, OK ? DONT GO 4 GOLD ,,, ALSO NOT PLATINIUM ,,,, GO 4 RnB BLACK CREDIT CARD ,,, LOLO LOL LOL ,,,, EKK STAAN SOOOOOOS JOU SKADUWEE AGTER JOU EN MANUEL IS DIE BESTE OOIT SO SE MAR VIR HOM HY FREAKIN TRAIN JOU EXCELLENT OK !!!! GROETE EN LIEFDE !!!! DICKY @ HAIR OBSESSION 2 KOLONNADE CENTRE , ZAMBEZI DRIVE ,, PRETORIA !!!!!!

  • Hesta le Roux

    Jy is great Burger. ‘n Ware wenner. Bly Manual rig jou af. Altwee van julle is uitstekende mense. Jy het my stemme,jou nederigheid en goeie maniere het my stem geswaai,buiten die feit dat jy so aantreklik is en n uitstekende sanger is. Ek weet jy gaan wen.

  • Carine van der Merwe

    Dit gaan nie vir ons net oor Burger se sang nie, almal kon nou al teen die tyd sien hy is die beste. Dit gaan vir ons in Robertson ook oor sy persoonlikheid. Burger, jy is die wonderlikste mens met soveel respek vir ander, veral ons ouer mense en dan is jy nog sexy ook. Jy is enige ma se droom skoonseun.

  • Petra

    Jy sing WONDERLIK – ek sal beslis ‘n CD van jou aanskaf. Jy hoef NIE musiek te sing wat danspassies vereis nie. Wees net jouself. Manual is reg. Ek is bly vir jou part jy het hom as afrigter gehad.

  • http://www.dalajunction.co.za Karin R

    Onthou gasbeoordeelaars sien jou vir ‘n kleintydjie en kan nie werklik objektief wees nie. Moet jou nie teveel aan gisteraand se kommentaar steur nie. Nie almal hoef te dans nie. Jou tipe musiek waarin in jy goed is – Rock Balades, leun hul spesifiek daartoe dat jy nie teveel hoef te beweeg nie. Jy het ‘n pragtige stem. Ons hou jou dop.

  • Arno W

    Burger – jy is FANTASTIES. Ek is so bly jy is die episode wenner vannaand! Jy verdien dit. Ek wag vir daai CD|!!

  • Riana van Heerden

    Burger, kan ek jou nie aanneem, wou nog altyd ‘n seun gehad het. Was net met dogters geseen.
    Shoe, jy sing fantasties, kan nie wag vir jou CD. (jy laat my baie aan Steve dink, ek is ‘n getroue ondersteuner van hom)
    Baie sterkte en ek hou styf duimvas dat jy wen
    My man reken jy is die enigste een wat noodvas is!!

  • Johan

    Burger; ek hoop jy kan hierdie lees.
    dis so bietjie raad van ‘n onkundige, maar elke "great" sanger het iets in sy stem waarmee hy die gehoor met sy of haar eerste sin betower en ook gedurende die "song".
    Ook jy het dit. Dit is iets in ;n mens se stem wat die gehoor in ‘n oomblik vasvang, dit is sekere klanke. Ek weet nie hoe om dit te beskryf nie maar as jy sou luister toe Jeniver Jones gesing het en jy luister wanneer die mense spontaan begin hande klap het sal jy weet waarvan ek praat. Luister na jou "song" wat jy gesing het en luister na die "klanke" in jou stem toe hulle ook spontaan hande geklap het.
    Oefen hierdie klanke en jy sal jou gehoor altyd hinotiseer.
    Voorspoed, jy het dit, of jy wen of nie jy sal ‘n groot sukses wees.

  • http://www.sarie.com Wilna de Jager

    BURGER, JY HET VERDIEN OM TE WEN. JY SING ONGELOOFLIK EN HET DIE MOOISTE VERHOOGPERSOONLIKHEID. BRING UIT JOU CD SODAT EK HOM EERSTE KAN KOOP. MOET NOOIT OPHOU SING NIE, JY HET ‘N BLINK TOEKOMS VOOR. EK HET VAN DAG EEN AF GESê "BURGER GAAN VIR GOUD". WEEREENS BAIE GELUK EN STERKTE MET JOU SANGLOOPBAAN VORENTOE, EN BLY ALTYD DIE NEDERIGE MENS WAT JY IS.

  • http://www.sarie.com Wilna de Jager

    BURGER, JY HET VERDIEN OM TE WEN. JY SING ONGELOOFLIK EN HET DIE MOOISTE VERHOOGPERSOONLIKHEID. BRING UIT JOU CD SODAT EK HOM EERSTE KAN KOOP. MOET NOOIT OPHOU SING NIE, JY HET ‘N BLINK TOEKOMS VOOR. EK HET VAN DAG EEN AF GESê "BURGER GAAN VIR GOUD". WEEREENS BAIE GELUK EN STERKTE MET JOU SANGLOOPBAAN VORENTOE, EN BLY ALTYD DIE NEDERIGE MENS WAT JY IS.

  • Ronel van Niekerk

    Ek en my dogter was by finale aand. Dit was soos sy se: AWSOME. Van die begin van SS was jy my eerste keuse – al 3 my keuses vir die laaste 3 was reg. Ek het van dag 1 in jou geglo, kon sien jy kom uit ‘n huis wat regte waardes geleer het.Geluk aan jou ouers wat so agter jou staan. Bly soos jy is en BAIE GELUK MET OORWINNING. JY IS TOPS!!!!!!!

  • CHERYL

    Baie, baie geluk Burger. Jy is voorwaar ‘n voorbeeld vir baie! Nedering met ‘n ongelooflike toekoms wat blink voor jou lê. Jou optrede vanaand het ‘n knop in die keel en trane in my oë gehad. Hierdie was jou BESTE ooit. Jy het dit vanaand verdien. Ek sien uit na jou eerste CD. WELGEDAAN!!

  • Christine

    Burger
    Geluk dat jy gewen het – jou vertoning was die beste, jy het die crowd, judges en die afrigters op hul voete gehad met jou Believer liedjie.
    Kan nie wag vir jou cd nie!!

  • http://pzmsiwedglps.com/ njuyjat

    Wp2DKF ehqfqpynhtrl, [url=http://vyshkfqscmfb.com/]vyshkfqscmfb[/url], [link=http://bpwrzauzexpw.com/]bpwrzauzexpw[/link], http://svjhaujecthc.com/

  • http://meignorant.com/play-slots-online.htm Greelfribrori