Kate en William buite die hospitaal met hul prinses FOTO:  Gallo Images / Getty Images

Kate en William buite die hospitaal met hul prinses FOTO: Gallo Images / Getty Images

Het jy gehoor?

Supervrou Kate!

Die hertogin van Cambridge, Kate Middleton, het die wêreld verstom deur etlike ure ná die geboorte van haar tweede kind uit die hospitaal te kom met die pienkvoet, sonder dat daar ’n haartjie uit sy plek is. En nou word berig dat sy die baba sonder ’n epiduraal gekry het, volgens US Weekly

Kate het Saterdag 2 Mei 2015 in die vroeë oggendure in kraam gegaan. Sy en prins William het om 6:00 by die hospitaal opgedaag, en twee en ’n half uur later is die prinses gebore. Kate het natuurlik gekraam. Die vroedvroue wat haar bygestaan het, is dieselfde twee wat aan haar sy was met prins George se geboorte byna twee jaar gelede.

Almal was beïndruk deur haar spoedige verskyning en oor hoe goed sy ná die geboorte gelyk het.

Nou wag die Britte in spanning om te hoor wat hul nuwe prinses se naam is.

Hoewel dit nie protokol is om te wag dat koningin Elizabeth haar sien voor die naam bekend gemaak word nie, sal Kate en William dit moontlik eers daarna doen, berig The Telegraph. Hulle sal binne die volgende paar dae na Norfolk reis om die prinses aan haar oumagrootjie, die koningin van Engeland, voor te stel. Sy en haar man, prins Phillip, hou tans vakansie op haar Sandringham-landgoed.

Volgens beroepswedders is die gewildste name in dié stadium Alice of Charlotte, met Victoria en Elizabeth kort op hul hakke.

Lees ook: