suri_skoene
Het jy gehoor?

Suri Cruise se skoene is hoeveel werd?

Haar ouers bederf haar gereeld met ontwerperskoene wat spesiaal vir haar gemaak word – en blykbaar is sy nog kieskeurig ook oor wie haar skoene maak!

Haar gunsteling-ontwerper is Marc Jacobs en sy het glo ook ’n paar Louboutins in haar kas.

Die tydskrif Star berig dat Tom mal is daaroor om te sien hoe klein Suri haarself optof. Hy moedig haar aan om vroulik aan te trek, en vertel graag dat Suri net so ’n mode-ikoon soos haar ma gaan wees. “Sy is ’n jong meisie wat weet wat sy wil hê,” het hy verklaar.

Suri Cruise Suri Cruise  

Wat dink jy? Is Suri Cruise ’n bedorwe brokkie of opkomende mode-ontwerper?

  • Franci deBeer

    ..beslis te groot vir haar skoentjes… n geval van streng dogtertjie, gehoorsame ouertjies…

  • Hettienne Dippenaar

    Sy gaan beslis eendag weet wat om aan te trek! Ek glo sy gaan ‘n mode treffer wees.

    Alle ouers gee wat hulle kan, ons hoop hulle gee ook liefde, maar volgens die pers, kry sy dit ook.

    Ons kleinkinders volg dalk eendag haar modes.

    Om ‘n nuwe opkomende Grace Kelly te sien, sal dalk ons modes verbeter.

  • Delucia Swanepoel

    Luk my hulle het te veel geld en weet nie wat om daar mee te doen nie. Dit moet seker moeilik wees om almal die hele tyd te moet "impress"

  • Joan

    watse klein dogtertjie hou nie van skoene nie veral as hulle klikkedy klak geluide maak. Ek voel mens kan bederf maar daar is perke.

  • Annam

    Ag geld nie ‘n probleem was nie het ek dieselfde gedoen het, my meisiekinders is mal oor mooi klere en skoene

  • Reinette

    Ag vader, ‘n mens is net een maal ‘n kind….gee v haar plakkies en tekkies en kaalvoete en kinderklere. Sy lyk mismaak en onnatuurlik. Koop v haar ‘n Barbie en laat haar speel in die sand en boomklim.

  • Linda

    Mens sien dikwels op foto’s dat haar ma warm aangetrek is, en dan het sy dun rokkies aan met kaal beentjies. Ek het al gewonder of sy nie koud kry nie en wie besluit wat sy gaan aantrek as hulle uitgaan.
    As hulle dit kan bekostig, kan hulle dit seker koop. Ek sou nie.

  • Wilma von Graszouw

    as hy net weet watse skade daai skoene aan haar doen!, haar enkels en bede!! en die arme kind kan nie kind wees nie!! ek dink sy weet nie van kind wees nie!!! en dan nog om daai simpel geloof groot te wod…. dis ‘n joke!!!! vroeg ryp… vroeg vrot!!!

  • Joretha Meyer

    Jammer maar ek dink sys maar bederf, wat weet dogtertjies van daai ouderdom van mode en skoene, wat het geword van kindertjies wat buite speel en lekker vuil word en kind lewe geniet! Vroeg ryp vroeg vrot. Ek hoop net sy draai eendag uit as ‘n nederige mens en nie snob nie – want dit is wat hulle op afstuur. Dis maar die ma wat die voobeeld is!

  • Debbie

    Eendag as die arme kind met wangevormde voete en erge bunions sit oor sy ontwerperskoene gedra het in plaas van om kaalvoet te loop of gepasde skoene vir die ontwikkeling van kinder voetjies te dra sal sy sekerlik wonder wat die doel nou eintlik was. Wie gee tog werklik om watter skoene Suri Cruise dra, sy is een van baie. Dink net as sy ook soos Paris Hilton opeindig. Of Lindsay Lohan.

  • Jo

    ag tog, wat word van die wereld? plaas dat die kind modderkoekies bak en met haar poppe speel. ek wonder of dit die ouers is wat haar groot maak voor haar tyd en of dit syself is? nee wat, dis verspot om op daardie ouderdom soveel skoene van sulke formidabele pryse te he. en dit terwyl daar mense is wat nie eers kos het om te eet nie…

  • Elmine

    Sy weet nie die waarde van geld nie. Behoede hulle indien hulle alles verloor sal seker soos die ander Hollywood kinders op dwelms gaan om die verlies te verwerk. Hoe kan sy op 5 grootmens besluite neem, sy is n slegte bedorwe brokkie’brad pack kids’ syndroom.

  • Belinda

    Miskien ‘n bietjie oordrewe maar te oulik. Hopelik leer hulle haar om danlkbaar te wees dat sy so bevoorreg is. Sy gaan beslis ‘n mode poppie wees. Dan weer rebelleer sy dalk in haar tienerjare en word ‘n to boy.

  • Coba Badenhorst

    Bedorwe……maar hulle moet tog op IETS hulle miljoene spandeer,
    kan net so wel wees op skoene vir Suri….

  • Bea

    Ek is bekommerd oor die hakkies aan party van haar skoentjies. Ek is glad nie ‘n kenner op die gebied nie maar ek kan nie dink dat sulke hakkies goed kan wees vir so ‘n klein dogtertjie se been- en rugontwikkeling nie?

  • Karen

    Ag shame – die arme kind. Kyk net die hakke… kan mos nie goed wees vir die ontwikkeling van haar voete nie. ‘n Dogtertjie van 5 mag maar hou van mooi klere…. maar kan die ouers dan nie seker maak dat dit gepas is vir haar ouderdom nie… en prakties sodat sy kan klim en klouter en hardloop… en kindwees!

  • Susan

    Hoop nie dit gaan net weer ‘n geval van "vroeg ryp vroeg vrot nie" wees nie.

  • ESTELLE

    FRANCI EK STEM 100% SAAM – AL KAN HULLE DIT BEKOSTIG, IS DIT BELAGLIK "SKOENE 1 MILJOEN WERD!!!! BEDORWE BROKKIE

  • Johanna Baartman

    agge nee wat, dis sommer heeltemal belaglik. hoe in die lewe sal ‘n 5 jarige kind nou weet wat is louboutins. ek is so bly ek bly in namibia waar ons naweke nog met kaalvoete op rooi duine kan rondloop en ek nie hoef te worry dat my kind aan ‘n "norm" moet voldoen wat klere betref.

  • Cynthia Matthews

    My ma het ons altyd van die beste aangetrek en dit het ons nie bedorwe brokkies gemaak nie! Dit was maar net ons klere! Sy het ons baie goed opgevoed! Sommige kinders hou nie vam modder koekies bak nie……ek en my suster was mal oor grimering,mooi aantrek ons papier en barbie poppe!

  • Juanita

    Hierdie is verspot! Kyk hoe loop sy soos ‘n klein groot mensie met haar rooi jas en hoe hak skoentjies. Al het ek soveel geld gehad sou ek nie my dogtertjie so aangetrek het nie. ‘n Mens se onskuldigheid word deesdae so vinnig van mens weg gestroop, laat die kind ‘n kind wees, sy is 5 jaar oud, for goodness sake!

  • Gerda

    Hopeloos bedorwe, ‘n klein merrietjie wat nog haar koppie sal stamp! Maar met Pa en Ma se geld en kontakte sal sy dit seker eendag maak in die modewêreld.