Het jy gehoor?

Survivor se Jacinda super-sexy op 30!

Einde verlede jaar het Jacinda 30 geword. Ná twee babas en die eise van moederskap was haar lyf nie meer wat dit eens was nie. “Dis nie dat ek vreeslik gewig aangesit het nie, ek was net nie meer gespierd nie. Ek het met die tweede swangerskap seker 10 kg bygekry, maar dit weer stelselmatig begin verloor. My man, Hansie Schutte, het my toe uitgedaag om op 30 die beste te lyk wat ek nog in my lewe gelyk het.”

Sy het die uitdaging aanvaar en ses maande later lyk Jacinda fantasties. Dit was egter nie altyd maklik nie. “Ek het ‘n baie spesifieke dieet gevolg en het drie maal per week deelgeneem aan ‘n bootcamp, wat baie strawwe oefening is. Ons bly in die Peacanwood-landgoed naby Hartbeespoortdam, so ons het berge geklim, geswem en om die dam gedraf,” vertel Jacinda trots.

Buiten die bootcamps het Jacinda ook twee keer per week saam met haar persoonlike afrigter geoefen.

Sy vertel sy wil nou meer fokus op toneelspeel as modelwerk. “Ek voel my lewe gaan nou meer in daardie rigting.”

Jacinda en Hansie is al byna 4 jaar getroud en het twee dogters, Scarlatt (3) en Sienna (17 maande).

Jacinda Louw

  • Maggie Vorster

    Whao! Dit wil gedoen wees! Sy is asemrowend mooi! Well done.

  • Martin Schoeman

    Pragtig! Sy was in elk geval die wenner, maar daar was mos besluit (redes onbekend) om reeds uitgestemde deelnemers terug te bring op die program. Ek kon nooit verstaan hoe ‘n persoon wat uitgestem was, weer kon terugkom, en dan nog wen ook nie. Dit was ‘n volskaalse gekook en die verantwoordelikkes behoort skaam te wees oor hul besluit. Jacinda het egter bewys sy is beter as die beoordeelaars, en boontoe uitgestyg en net verbeter op die mooi mens wat sy alreeds was. Soos verwag is daar nooit weer gehoor of gesien van die "wenner" van Survivor nie.

    Uitstekend, en doe so voort. Trots SAfrikaans!!

  • trudy

    n man wat toe laat dat sy vrou so nakend moet pous,is nie n man werd nie,jou vrou behoort aan jou,nie aan die publiek nie,ook nie aan andermans wat haar lyf kan begeer nie,sy is n pragtige vrou met n baie mooi lyf,maar nie vir ander mans om na te kyk nie,sy is joune nie die publiek sin nie.jou liggaam is n tempel van GOD,nie n tempel vir die wereld nie.pas jou self mooi op,moenie jou oor gee aan wellistigheid nie.

  • ELBEL

    Ek verstaan nie so lekker wat julle bedoel met Super-sexy op 30 nie. Is daar ‘n ouderdom gekoppel aan sexy? Beteken dit as jy 2 of meer kinders gehad het val jy in ‘n ander katergorie? Ek ken baie vroue vanaf 19, party met tot 4 kinders, VER oor die 30 wat super sexy is. Maar ja, Jacinda is super sexy en ek glo sy sal op 40 en ouer nog steeds super sexy wees!

  • Jenny de WAal

    Sy is stunning .. dit is net vreemd dat die MAN die uitdaging gerig het .. hoe is hy gebou of wil hy maar net spog met sy pragtige vrou? want sy is pragtig!

  • Michelle

    Kom nou regtig dames,,,,kom ons wees nou eerlik. Trudy, as ‘n mens so preets moet wees en jou lyf net vir jou man moet hou gaan geen vrou weer in haar kostuum op die strand rond loop nie….almal sal te bang wees ander mans begeer haar lyf!!!
    Ek dink ‘n mens moet jou hoed af haal vir DIE GIRL want sy het haar mode werk op sy gesit om kinders te he en ek dink haar man waardeer dit ook!
    Waardes is baie belangrik in vandag se samelewing en ek dink regtig Jacinda sal haarself nie aan Wellistigheid oorgee met twee pragtige dogtertjies en die aanvaarding van haar man…..HOE GELUKKIG KAN SY NIE WEES NIE!!
    PS: SY WAS VIR MY DIE ‘ULTIMATE SURVIVOR’ EN IS NOG STEEDS!!

  • Amanda Meadon

    Sjoe stunning!!!!!

  • joey

    Trudy is ‘n regte ou bitterbek.

  • Willemien

    Gelukkig weet Jacinda en haar man van beter. Hier is nou ‘n duidelike voorbeeld van ‘n man wat so trots is op sy super-sexy vrou dat hy haar aan die hele wêreld wil wys. Wys jou net wat gedoen kan word. Jammer tog vir die wat so bitterbek is – seker net jaloesie!

  • Delmarie

    Jacinda is van vandag af my insperasie, ek is ook ‘n ma met twee kinders en is 28 en het ook al die vet 7 kilogram na elke swangerskap af geskud, maar nooit verder as dit gedink nie. Ek wil ook op 30 so lyk en Jacinda het bewys maak nie saak hoe oud mens is nie daar is geen verskoning nie jy kan as jy wil! Sy gaan op veertig nog net so mooi lyk.

  • Petro

    Wel gedaan Jacinda. Miskien moet jy en jou man saam "pose" net om ou bitterbek te wys hoe sexy man het jy. Ek dink jy het onsaglike goeie smaak veral as dit by jou man kom. Wys die mense bietjie hoe aantreklik jou man is. Jul is ver die mooiste paartjie ooit.

  • sonette

    sal graag wil weet wat jou dieet was, baie dankie sonette

  • Rolene Dauvellier

    Well done Jacinda. Ek het altyd geweet jy sal mooi en fiets bly – jy is n stunning mens, en was nog altyd.