susan_boyle
Het jy gehoor?

Susan Boyle maak geskiedenis

Die Skotse sang-sensasie, Susan Boyle (48), se debuut-album het ná slegs een week op die rakke ‘n rekordgetal van 410 000 verkoop. Dis die meeste in die geskiedenis van die Britse treffersparade.

 
Haar enkelsnit-debuut, Wild Horses van die Rolling Stones, is ook nou nr. 1 op die Britse trefferlys.

Daar word ook verwag dat sy binnekort bo-aan die Amerikaanse trefferlys sal wees.

In reaksie hierop het Boyle van haar laat hoor met ‘n beskeie: “Dis fantasties.”

Boyle, wie se optrede in Britain’s got talent miljoene mense verstom het, het letterlik oornag een van die wêreld se grootste musiekname geword. Haar video’s is al deur meer as 100 miljoen mense gekyk. (Bron: News24)

Kyk hoe lyk sy nou! Susan speel model vir Harper’s Bazaar.