Het jy gehoor?

Susan Boyle trek in haar nuwe huis in

Maar moenie dink sy’t weggetrek nie. Nee, Susan bly nou net om die draai van waar sy grootgeword het in Blackburn, West Lothian.

Boyle, wie byna £10 miljoen werd is ná sy die wêreld verstom het met haar deelname aan Britian’s Got Talent, het die 5 slaapkamerhuis met Ikea-meubels uitgetof. En nie met ontwerpers-banke en kaste soos ‘n mens sou dink nie.)

Hoewel Boyle miljoene werd is, kry sy net £ 300 per week, die res is in trusts en beleggings.