susan_boyle
Het jy gehoor?

Susan Boyle vind liefde

Die 53-jarige sangeres Susan Boyle het liefde gevind!

Dié sangsensasie het net nou die dag gesê dat sy baie graag ’n kind wil aanneem, maar weet dit sal moeilik wees omdat sy enkellopend is.

Maar nou berig Hello! dat Susan ’n kêrel het – ’n Amerikaanse dokter wat sy ontmoet het terwyl sy deur die VSA getoer het.

Susan het aan The Sun vertel dat hul verhouding nog jonk is, maar dat sy hoop hy kan vir haar in Skotland gaan kuier. Sy wou nie veel oor die dokter vertel nie, maar sê dat hulle min of meer dieselfde ouderdom is en dat hy ’n goeie man is.

Die gehoor van Britain’s Got Talent het in 2009 gegiggel toe Susan op die verhoog gestap het, maar sy het hulle vinnig met haar stem bewys dat sy kán sing. Sy is nou sowat £22 miljoen (sowat R393 miljoen) werd!

Sy het nog altyd erken dat sy “skaam” is, maar sy het verlede jaar bekend gemaak dat sy met Asperger-sindroom (AS), ’n minder ernstige vorm van outisme, gediagnoseer is. Lees meer oor dié sindroom HIER.

Bronne: Hello! en The Sun