FOTO: Twitter @SusanSarandon

FOTO: Twitter @SusanSarandon

Het jy gehoor?

Susan Sarandon en haar katelknaap se paadjies skei

Susan Sarandon (68) en haar katelknaap, Jonathan Bricklin (37), se paadjies skei ná 5 jaar berig Hello!

Alhoewel die veteraan-aktrise bekend is vir haar werk voor die skerms, sê ’n bron dat dit glo vir haar moeilik is om deel te wees van haar kêrel se werklikheidsreeks: “Dit het baie druk op die verhouding geplaas. Sy het die verhouding geëindig omdat sy nie deel van die reeks wil wees nie. Tydens een van die programme sê sy [vir Jonathan]: ‘Jy is deel van die rolverdeling, nie ek nie’.”

Maar dit is glo nie heeltemal verby tussen dié paartjie nie. Die bron voeg by dat hulle nou aan hul verhouding werk – ágter die kameras.

Die paartjie gaan later vanjaar op Morgan Spurlock se nuwe AOL-reeks Connected verskyn. Dít volg die lewe van ses New York-inwoners en hul metgeselle vir ses maande.

Susan het voorheen aan Hello! vertel dat die 31 jaar-ouderdomsverskil tussen haar en Jonathan haar glad nie pla nie: “Wanneer jy op iemand verlief is, is die persoon se ouderdom, geslag en ras nie belangrik nie,” het die rooikop gesê.

Lees ook