Het jy gehoor?

Suurlemoen-room

genoeg vir 6

  • 300 ml dubbeldik room
  • 80 g (95 ml) strooisuiker
  • 70 ml vars suurlemoensap (dit moet vars wees, anders stol die room nie)

Bring room en strooisuiker tot kookpunt en laat vir 5 minute vinnig kook. Verlaag hitte tot room stadig prut. Roer suurlemoensap by en hou aan roer vir 5 minute terwyl mengsel prut. Verdeel mengsel tussen 5 glasies en laat stol in yskas tot koud. Sit voor met bessies.