suzette van der merwe
Het jy gehoor?

Suzette van der Merwe se dogter haar ewebeeld

Mej. Suid-Afrika van 1990, Suzette van der Merwe, se dogter, Skye Goss (13), neem binnekort deel aan die wêreldkampioenskappe vir uitvoerende kunste in Hollywood, Kalifornië.

Skye het aan Independent Online vertel dat sy nog altyd daarvan gedroom het om Hollywood te besoek. Haar droom word nou waar wanneer sy daarheen reis om aan die kompetisie deel te neem.

Skye het 97% behaal by die Suid-Afrikaanse kampioenskappe vir uitvoerende kunste. Sy het in vyf kategorieë deelgeneem, waaronder modelwerk, dans en sang.

Jill Avis, Skye se afrigter, het aan Fourways Review gesê dat Skye ’n natuurlike aanvoeling vir drama het. “Sy is baie talentvol en blink uit in elke genre. Haar sukses is te danke aan fokus en harde werk”

Suzette, sowel as Skye se pa, Bowen Goss, sal haar vergesel. Hoewel hulle in 2005 geskei is, ondersteun hulle hul dogter om sukses te behaal. Suzette het voorheen aan SARIE vertel dat hulle saamstaan oor die grootmaak van hul kinders: “Ons is dalk geskei, maar ons albei gee ons volle aandag en tyd sodat hulle die vrugte daarvan kan pluk.” Hul seun, Graydon, is 15.

Suzette het dié foto van Skye op Twitter gedeel. Lyk hulle nie baie na mekaar nie?

 

Bron: Independent Online 

Lees nou