william_hospital
Het jy gehoor?

Swanger Kate in hospitaal – ‘n kenner vertel meer oor haar toestand

Almal is verheug oor die goeie nuus dat prins William en Kate hul eersteling verwag. Maar dié nuus is vroeër aangekondig as wat die koningshuis dit graag sou wou hê omdat Kate Maandag 3 Desember in die King Edward VII-hospitaal opgeneem is weens hyperemesis gravidarum, ‘n toestand van erge oggendnaarheid wat omtrent 3% van swanger vroue tref. (bron: www.babycentre.co.uk)

Volgens die Johannesburgse ginekoloog dr. Heidra Dahms is dit normaal vir swanger vroue om naarheid te ervaar weens ‘n toename in hormone. Maar in sommige gevalle is oggendnaarheid en braking so erg dat dit gewigsverlies en dehidrasie veroorsaak en word dit as hyperemesis gravidarum geklassifiseer. Só ‘n pasiënt kry dan drupbehandeling om liggaamsvloeistof, elektroliete en minerale weer in balans te kry. Kate sal, volgens die koningshuis, ‘n ruk lank in die hospitaal bly.

Volgens berigte blyk dit dat Kate maar sowat 8 weke swanger is, aangesien dié toestand gewoonlik in die eerste trimester van ‘n swangerskap voorkom.

William en Kate se eersteling sal die derde aanspraakmaker op die Britse kroon wees ná prins Charles en prins William. Volgens berigte het Kate se ouers oor die naweek die blye nuus ontvang, terwyl koningin Elizabeth eers gister ingelig is.

FOTO: Prins William verlaat die Prins Edward VII-hospitaal Maandagaand om 8:15 ná hy die grootste deel van die dag sy vrou bygestaan het.

PRINS WILLIAM KOM OP DAG 2 BY DIE HOSPITAAL AAN OM VIR KATE TE BESOEK.

  • Kys

    Engels, jig!

  • anita du plessis

    Sy is pragtig, dink net sy is bietji te maer. Het al gesien dat sulke vrouens meer sukkel met swangerskappe. Hoop dit gaan spoedig beter.

  • bekkie

    sjoe en hoe naar was ek tog nou nie met my keenders gewees nie,ai ou kate dit slaat maar baie
    vrou’e die oggend en aand naarheid,wees bly jy’s nie die eerste een wat deur loop nie.

  • Cat

    Ek het nie geweet van hierdie toestand nie en hoewel baie mense wonder hoekom die ophef (kommentaar op koerant berigte), dink ek dit kan van waarde vir wees vir swanger vroue wees om meer te weet oor die spesifieke toestand. Hoop vir spoedige beterskap vir die Catherine.

  • Anet

    My arme baas was amper tot op die einde toe baie siek maar moes nog werk ook. Haar 1st swangerskap was net so erg maar die 2de een bleikbaar erger en is daar amper 5jaar verskil tussen die tweetjies want dit het haar so afgesit die 1st keer toe sy swanger was. Sy is nou klaar! Nie almal kry "royal treatment" nie.

  • Elizabeth

    ‘n Vriendin van my het hiedie toestand met haar tweede swangerskap. Dis nie grappies nie en kan glad nie vergelyk word met die gewone oggendnaarheid wat baie vrouens wel kry nie. Hierdie is ‘n baie erger toestand en meetsal moet my vriendin gereeld in hospitaal toe om ‘n drup te kry omdat sy soveeel vloeistof en natuurlik minerale en vitamine verloor as gevolg van dit. Dis ook nie net oggendnaarheid nie, maar dis heeldag. Ek hoop alles gaan voor die wind met die swangerskap en dat sy spoedig beter sal voel.

  • Emmie Stegmann

    Onthou net dat prinsesse baie fyn besnaard is. Daar was een wat ‘n ertjie deur 20 matrasse gevoel het. (Grappie) My grootste simpatie aan Kate. Dis AAKLIG en ek is bly om te hoor dat daar hulp is daarmee.

  • SwartsL

    Ek is vandag 13 weke swanger en gooi nou al vir die laaste 8 weke oggend, middag, aand en soms deur die nag ook op! Ek hou niks van my kos in nie en het nou al 13kg verloor. Die drs bly net vir my pille gee, maar niks werk nie! Ek is so moeg en lam dat ek sukkel om te konsentreer en nie gewerk kry nie, want ek is elke 20min by die badkamer. Hoe lank moet dit nog aangaan voor hulle vir my iets gee wat help?? Ek is.regtig baie moedeloos!