Kate en George by hul aankoms in Nieu-Seeland verlede jaar FOTO: Gallo Images / Getty Images

Kate en George by hul aankoms in Nieu-Seeland verlede jaar FOTO: Gallo Images / Getty Images

Het jy gehoor?

Swanger Kate word deur dokters behandel

Soos met Kate se eerste swangerskap, ly sy hierdie keer weer aan hyperemesis gravidarum. Volgens Clarence House het Kate haar amptelike afsprake vir vandag afgestel omdat dokters haar by Kensington-paleis behandel.

Dis bevestig dat Kate swanger is met hul tweede kind, maar soos met die eerste swangerskap, sukkel sy weer met hyperemesis gravidarum.

Hyperemesis gravidarum is ’n toestand van erge oggendnaarheid wat omtrent 3% van swanger vroue tref. (bron: www.babycentre.co.uk)

Volgens die Johannesburgse ginekoloog dr. Heidra Dahms is dit normaal vir swanger vroue om naarheid te ervaar weens ’n toename in hormone. Maar in sommige gevalle is oggendnaarheid en braking so erg dat dit gewigsverlies en dehidrasie veroorsaak en word dit as hyperemesis gravidarum geklassifiseer. Só ’n pasiënt kry dan drupbehandeling om liggaamsvloeistof, elektroliete en minerale weer in balans te kry.

Kate was met haar eerste swangerskap vir ’n rukkie in die hospitaal.

Kate kan nog nie te lank swanger wees nie, aangesien dié toestand gewoonlik in die eerste trimester van ’n swangerskap voorkom.

Hieronder is die verklaring wat die koningshuis uitgereik het:

Their Royal Highnesses The Duke and Duchess of Cambridge are very pleased to announce that The Duchess of Cambridge is expecting their second child.

The Queen and members of both families are delighted with the news.

As with her first pregnancy, The Duchess is suffering from Hyperemesis Gravidarum. Her Royal Highness will no longer accompany The Duke of Cambridge on their planned engagement in Oxford today. The Duchess of Cambridge is being treated by doctors at Kensington Palace.

Die mooiste foto’s van klein prins George

Hul eersteling, prins George, is op 22 Julie 2013 gebore en het vinnig die wêreld se harte gesteel.

FOTO: Gallo Images / Getty Images

FOTO: Gallo Images / Getty Images

FOTO: Gallo Images / Getty Images

FOTO: Gallo Images / Getty Images

Prins George FOTO: Gallo Images / Getty Images

Prins George FOTO: Gallo Images / Getty Images

FOTO: Gallo Images / Getty Images

FOTO: Gallo Images / Getty Images

Kate en Prins George by sy doop in Oktober 2013 FOTO: Gallo Images / Getty Images

Kate en Prins George by sy doop in Oktober 2013
FOTO: Gallo Images / Getty Images

FOTO: Gallo Images / Getty Images

FOTO: Gallo Images / Getty Images

FOTO: Twitter

FOTO: Twitter

FOTO: Gallo Images / Getty Images

FOTO: Gallo Images / Getty Images

Kate en George by hul aankoms in Nieu-Seeland verlede week FOTO: Gallo Images / Getty Images

Kate en George by hul aankoms in Nieu-Seeland vroeër vanjaar
FOTO: Gallo Images / Getty Images

FOTO: Gallo Images / Getty Images

FOTO: Gallo Images / Getty Images

George en sy pa, William, vroeër vanjaar FOTO: Gallo Images / Getty Images

George en sy pa, William, vroeër vanjaar
FOTO: Gallo Images / Getty Images

george george

 

Ons sien baie uit om weer Kate se swangerskap-styl dop te hou. Kyk na Kate se beste uitrustings tydens haar eerste swangerskap HIER.