FOTO: Instagram

Het jy gehoor?

Swanger Mila Kunis se hoogs geheime ooievaarstee

Ashton Kutcher se swanger verloofde, die aktrise Mila Kunis, het onlangs haar swangerskap saam met vriende gevier tydens ’n intieme ooievaarstee, berig E! Online. Lees die volledige artikel hier.

’n Handjievol van Mila se familie en vriendinne het dié geheime ooievaarstee Sondag in Los Angeles bygewoon. Hoewel die partytjie nie ’n tema gehad het nie, was daar heelwat geskenke wat die 30-jarige aktrise vir haar eersteling oopgemaak het.

Kyk hier na foto’s van Mila se babamagie

Mila en Ashton is baie versigtig om besonderhede oor hul private lewe te verklap, maar dit lyk asof hul baba, waarskynlik ’n meisie as ons die gerugte moet glo, volgende maand gebore gaan word, berig TVNZ.

“Ek wou nooit trou nie,” het Mila onlangs in ’n onderhoud aan die tydskrif W vertel. Sy vertel dat sy haar ouers sedert sy 12 jaar oud was al daarop voorberei het dat sy nie gaan trou nie. Maar duidelik het Ashton haar anders laat dink …

Mila Kunis op die voorblad van die tydskrif W se Augustus-uitgawe

Mila Kunis op die voorblad van die tydskrif W se Augustus-uitgawe

“Ek het die liefde van my lewe ontmoet. Nou is my teorie oor troues: moenie enige iemand nooi nie. Doen dit in die privaat en in die geheim. My ouers is oukei daarmee. Hulle is net so opgewonde dat ek ja gesê het,” het sy vertel oor haar en Ashton se troue, wat na bewering volgende Julie sal plaasvind.

Ons almal kry movie star crushes. Ek trou met myne.

 – Mila oor Ashton

Bronne: E! Online, TVNZ & W

Meer oor Mila en Ashton op SARIE.com