Minki en baba Katerien FOTO: Instagram

Het jy gehoor?

Swanger Minki se Katerien is 1! PLUS Danny K word binnekort pa

Dit voel soos nou die dag dat Minki se Katerien gebore is – en nou is dié pragtige babatjie al 1 jaar oud. En sanger Danny K word ook pa!

Ons kan nie glo die tyd het so gevlieg nie. Minki van der Westhuizen en haar man, Ernst Joubert, se eersteling, Katerien, is vandag 1 jaar oud. En kyk net hoe groot is sy!

Minki en Ernst het vanjaar op Valentynsdag aangekondig dat Minki weer swanger is. Sy is nou ongeveer 31 weke swanger en hulle is baie opgewonde oor hul tweede kind wat op pad is. Kyk net hoe groot is haar baba-maag!

Minki en haar vriendin Lize de Jongh FOTO: Instagram  @minkivanderwesthhuizen

Minki en haar vriendin Lize de Jongh
FOTO: Instagram @minkivanderwesthhuizen

Katerien se mooiste foto’s

Katerien is haar model-ma se gunsteling-onderwerp om af te neem. Hier is van die mooiste foto’s wat sy op Instagram gedeel het.

Sanger Danny K word binnekort pa

Die Suid-Afrikaanse sanger Danny K word binnekort pa. Die sanger, wie se regte naam Danny Koppel is, het in 2012 met Lisa Gundelfinger getrou.

Hul eersteling gaan ’n seuntjie wees en is nou nog net bekend as Baby K – hy maak eersdaags sy verskyning. Hou SARIE.com dop vir die nuutste nuus.

Danny K en Lisa by Lisa se pa (regs) op Vadersdag FOTO: Twitter  @LGundel1

Danny K en Lisa by Lisa se pa (regs) op Vadersdag
FOTO: Twitter @LGundel1