FOTO: Gallo Images / Getty Images

FOTO: Gallo Images / Getty Images

Het jy gehoor?

Swanger Scarlett Johansson trou volgende maand

Julie was propvol celeb-troues (kyk onderaan dié artikel). En blykbaar is daar volgende maand nóg ’n Hollywood-troue. Aktrise Scarlett Johansson en die Franse joernalis Romain Dauriac gaan blykbaar afhaak!

Trouklokkies vir Scarlett en Romain! Daar is nog min oor dié troue bekend, maar The New York Post se skinderblad, Page Six, berig dat sy ’n Augustus-bruid gaan wees. Die troue gaan moontlik in Romain se geboorteland plaasvind, alhoewel ander beweer hulle gaan in die Hamptons trou, waar hulle nou somervakansie hou.

Die troue gaan, soos Scarlett se vorige troue in 2008 met Ryan Reynolds, baie privaat wees. Dié akteurpaar het in 2010 geskei. Twee jaar later het sy vir Romain ontmoet. Dié paartjie het verlede jaar in Augustus verloof geraak en in Maart vanjaar aangekondig dat Scarlett swanger is.

Trou-nuus in Julie

Bronne: Page Six en Entertainment Wise