Het jy gehoor?

Swemklere-model Lee-Ann Liebenberg doen brandwonde op

Toe val die beker om terwyl sy die kookwater uit die ketel skink en stort uit op haar pragtige bobene (gelukkig geklee in ‘n sweepakbroek). “Anders het ek tweedegraadse brandwonde opgedoen.”

Swemklere-model Lee-Ann Liebenberg sou op 14 April na die Maledive-eilandgroep vertrek om ‘n swemklere-modesessie vir ‘n Duitse katalogus te doen. Maar dis nou neusie verby.

“Dit was ontsettend pynlik toe dit gebeur het . . . Dis asof alles en niks tegelykertyd deur my brein geflits het. Almal vra of ek hard geskreeu het, maar ek was so geskok, dat ek stom was. Ek het net geweet: hier is probleme!”

Haar man, Nicky van der Walt, het haar gebel nét na die ongeluk en sy het besef, sy moet die wonde koel hou om die pyn te probeer laaf. “My man het dadelik my man en vriende oorgestuur om my by te staan. Gelukkig het ons Burnshield in ons eerstehulpkassie tuis gehad en ek het dadelik my bene met dié koel jel bedek. Ek het agterna gelees ek moes eintlik my brandwonde onder koel, lopende water vir sowat twintig minute gehou het om die temperatuur van my vel te reguleer. Ek dink elke huis behoort dié jel aan te hou. Ek raak nog stadig maar seker gewoond aan die pyn, maar ek kyk vorentoe.”

Sy gebruik ‘n room wat keer dat merke vorm.

“Ek het baie uitgesien na dié modesessie, maar gelukkig ws ek al op dié eilande. My man en dogtertjie sou ook saamgekom het en ek hét nogal uitgesien na bietjie sonbaai en na lekker skemerkelkies in die son . . . Maar dit was net iets wat móés gebeur. Daar wag vir seker iets anders vir my, ek weet sommer!

Dit het my geleer om versigtiger te wees met kookwater. Letterlik! Ek is só gelukkig my 17 maand oue kleutertjie was nie naby toe dit gebeur het nie. Om te dink iets kon met háár gebeur het, maak my bang. Ek besef net hoe vinnig iets kan gebeur. ‘n Mens moet níks as vanselfsprekend aanvaar nie.”

“Ek het ook nog nooit besef hoeveel skade kookwater kan aanrig nie. My boodskap aan mense: wees báie versigtig in die kombuis, veral as jy werk met kookwater waar daar kinders is.”

Lee-Ann Liebenberg verbrand haar bobeen met kookwater

  • Carika

    Eina!!! Ek hoop die wond kan 100% herstel en geen merke bly agter nie.

  • Marlene

    Eina flippet!!! Sterkte!! Toemaar dit sal mooi genees!

  • Retha Mey

    Ek was so 10 jaar oud toe ek vir my ook koppie tee gemaak het (simpel koppies tee) en toe ek die koppie vat gly dit uit my hand en ek verbrand toe my hele bolyf met die kook water, die dr se toe ek sal merke he, ek is nou 30 en daar is nie merk van ‘n dag oud nie, mens se vel is so wonderlik aanmekaar gesit, alhoewel ek nog onthou dit was deksels seer, dis brand wat net nerens wil heen, Sterkte hoop jy voel sommer gou beter, en sodra jy kan vryf maar daai tissue oil aan!

  • Paula Vorster

    Dit lyk baie eina! Mag jy gou en volkome herstel Lee-Ann!

  • Mae Schonken

    Ek het dieselfde oorgekom so 10 jaar gelede. Ek het elke tweede dag na kliniek gegaan waar hulle die verbande omgeruil het en hulle het letterlik lepels vol betadine salf daarop geplak. Ek het nooit eers daarna enige salf gebruik om merke te keer nie. Daar was twee maande later GEEN teken van brand of brandmerke op my been. Ongelooflike salf. probeer dit !!!

  • Hyla

    Wow, dit lyk baie seer…. sterkte en hoop dit is gou beter….

  • elma

    Dit lyk baie seer!Sterkte ek hoop dit raak gou gesond!

  • CHRISPA HAMEL CLOETE

    Sjoe Lee-Ann mens verstaan nie altyd nie – maar daar sal ‘n rede wees hoekom hierdie gebeur het. Beskou dit as ‘n bedekte seen!
    Sterkte – jy is so pragtig ek is seker daar sal geen permanente skade wees nie!

  • letitia

    hoop jou wond genees gou gou

  • Hettie Meyer

    Hallo Lee Ann,
    Ek het twee weke gelede met kookwater op my linkerkant van my lyf gebrand toe ek ‘n warmwatersak vir spierspasma pyne wou volmaak. Die sak het uit my hand gegly en al die water is toe oor my bo lyf. My brandwonde het orals genees behalwe op my Linkerkantste bors waar ek nou sukkel met infeksie en dit wond lyk nog erg.
    Ek gaan ook elke tweede dag dr toe om dit te verbind en kyk na die infeksie. Ek sukkel met infeksie in my bloed so dit benadeel my brandwond ook.

    Dit sal seker binnekort ophou pyn en seer wees. Dis maar ‘n gemors.

    Dink aan jou en sterkte vir jou

    Hettie Meyer Polokwane

  • Meloni

    Hi Lee Ann,

    Ek het so 7 maande gelede wax op die stoof warm gemaak en toe ek dit wou optel toe gly die potjie uit my hand en die kokende wax val oral oor my hand en arm. Dit het letterlik in my ingebrand. Almal het gese dat ek maar sal moet vrede maak met die lelike letsels.. En dit was 6 weke voor ons troue. Ek het New Shades gesigroom wat ryk aan collagen en Vit E is n paar keer elke dag aangesmeer en dit het binne 4 weke heeltemal genees. Ek het geen letsels of merke oor nie! Probeer dit gerus. Dis landswyd by apteke beskikbaar. Of kyk op hul website http://www.newshades.co.za

  • Priscilla Marthenuissen

    Ek weet presies hoe dit voel. Neem onmiddellik twee Stilpane tablette. Dit is baie effektief vir die
    verskriklike pyn,

  • Annelien Beckley

    Eina! Gelukkig was dit kookwater. Ek het in 2006 toe my tweelingdogtertjies 4 maande was met kookolie verbrand. Ek was moeg en het kookolie in ‘n gewone glasbeker gegooi. Die beker het gebars en binne in my vel getrek. Ek het net onmiddelik uit my klere gespring.My regterbeen se skeen se hele vel was af. Ek was veronderstel om dokter toe te gaan maar ek kon net nie met die twee babatjies nie. Gelukkig is my skoonsussie ‘n suster en sy het BITTER DUUR salf vir my gekry. Ek het elke dag die salf aan die wond gesmeer, dit toegedraai met plastiek en dan met ‘n verband. Die ergste is dat kookolie nie afkoel nie, dit bly warmer word. Ek het so simpatie met iemand wat verbrand want dit is regtig bitter seer.

  • DBorch

    n merkie op die been is niks nie, sy bly beeldskoon!

  • Nadine van STaden

    Ouch, dis baie erger as wat dit geklink het! Shame, hoop dit genees sommer vinng

  • risha

    Ek is 18-jaar oud en het 6 jaar gelede my gebrand(is nie seker of dit olie of vlam was nie)op my arm!ek het I vel oorplanting gekry maar dit lyk nou erger volgens my.Is daar enige its wat ek kan gebruik?Ek soek dringend hulp want ek is te skaam om met die merke te loop.

  • johanna

    my sussie het 40% brandwonde, 3de graads en haar seunjie 25% ‘n jr terug opgedoen, 3 maande in die hospitaal en sit met brandmerke en lelike letsels op albei arms, hande, bors en kuite en voete. Dankbaar sy leef! teen dit waardeur sy en ons gesin is, hospitaal besoeke en en en.. wil ek net se, en dit is glad nie om lelik te wees nie, ( ek dink aan kleine pippie kruger ook) is jou been nie ‘n patch nie, maar in ‘n beroep waar voorkoms als is, is dit seker erg. sterkte en dink hoe gelukkig jy is om nie enige merke te he wat mense na jou toe laat staar nie..tweedegraadse brandwonde genees gewoonlik volkome.. anoniem