FOTO: Nelio Da silva

FOTO: Nelio Da silva

Het jy gehoor?

Sy het byna die kollig in ‘Vir Altyd’ gesteel

As jy een van die 89 731 kykers was wat die afgelope naweek Vir Altyd gekyk het, sal jy weet daar is ’n toneel in die fliek waar dinge handuit ruk.

Nina (Donnalee Roberts) kry haar troukoek met ’n mes beet en ’n kelnerin besluit om die dansvloer aan te durf. Die kelnerin was niemand anders as Vir Altyd se grimeerassistent nie. SARIE het haar gaan opspoor. Wêreld, ontmoet Barbara Brasington!

FOTO: Verskaf

FOTO: Verskaf

Ons hoor jy was die grimeerassistent op stel. Hoe het dit gebeur dat jy die rol van die kelnerin gespeel het?

Ek was die grimeerkunstenaar, Mary-Sue Morris, se assistent. Ek werk gewoonlik net agter die skerms as ’n grimeerkunstenaar of as die stileerder van die rekwisiete. Jaco Smit, die regisseur van Vir Altyd, het tydens die verfilming na my toe gekom en gevra of ek sou belangstel om die rol van die kelnerin te speel.

Het jy enige soort navorsing gedoen vir hierdie toneel? Het jy na ander tonele in films gekyk om hierdie een so snaaks te kon doen?

Ek bewonder vroue wat sterk karakters speel en steeds snaaks is. Vroue soos Tina Fey, Melissa McCarthy en Amy Poehler is my rolmodelle. Ek lag die meeste van die tyd vir myself en ek neem myself nie te ernstig op nie; ek dink dit het baie gehelp toe ek moes uithaal en wys [vir hierdie rol].

Donnalee en Ivan het dit vir my baie gemaklik gemaak en het vir my gesê ek kan doen wat ek wil. Hulle was goeie mentors vir my. Ek het baie kreatiewe vryheid gehad.

Hoe het jy dit reggekry om nie te lag nie?

Ek het ʼn paar keer gesukkel om ʼn straight face te hou. Veral as ek danspassies uitgevoer het wat ek nooit in ʼn miljoen jaar in die openbaar sal doen nie. Dit was ook moeilik as die crew agter die kameras lag en tussen tonele vir my verduidelik hoe snaaks dit lyk.

SKERMGREEP: YouTube

SKERMGREEP: YouTube

Het jy voor die tyd die bellyflop op die vloer geoefen?

Die bellyflop is definitief een van die impulsiefste dinge wat ek al ooit in my loopbaan gedoen het! Ons kon almal net mal gaan. Daar was ʼn oomblik terwyl die kamera gerol het waar ek af gekyk het en besef het die vloer is sopnat. Ek’t gedink: jis, dit sou cool wees as ek nou hier kon ski op my maag…wag ’n bietjie, hoekom nie? Ek het nog nooit in my lewe probeer bellyflop nie. Dit was die eerste keer en dit was helse fun!

Is daar ’n spesifieke tegniek daaraan om so ver oor die vloer te kan gly?

1. Jy moet jou area in ag neem. ’n Bellyflop-ski gaan vir seker nie op ʼn teerpad tot sy volle reg kom nie, ’n gladde vloer is noodsaaklik.

2. Maak seker jy haal niemand in die proses uit nie. Jy gaan miskien vir Tannie Mienie wil vra om uit die pad te skuif.

3. Vergeet van die mense om jou. Vergeet van die gegons en hou jou oog op daardie vloer.

Mik, en duik!

Screen Shot 2016-02-16 at 4.30.59 PM

SKERMGREEP: YouTube

Sal jy dit oorweeg om weer toneel te speel?

Ek is nou meer agter die skerms betrokke, maar om toneel te speel was en is nog altyd na aan my hart. Ek is mal daaroor! Ek sal definitief meer betrokke wil raak voor die skerm, maar ek sal nie my werk agter die skerms baie maklik kan opgee nie …

Volg Barbara Brasington op Instagram (@barbara89_) om te sien waarheen sy oral toer en waarmee sy haarself nou besig hou. Ons het ’n idee dat hierdie nog net haar begin is…

Kyk die lokprent hier

Lees ook