Het jy gehoor?

Sy is People se Mooiste Vrou in die Wêreld vir 2012 . . .

Dis ‘n groot jaar vir Beyoncé. Nie net het sy die eerste keer ma geword nie, maar sy is ook pas aangewys as die Amerikaanse tydskrif, People, se Mooiste Vrou in die Wêreld 2012. “Ek voel mooier as ooit ná ek geboorte geskenk het. Ek het nog nooit voorheen so verbind tot iets gevoel nie.”

Baba Blue Ivy is 7 Januarie gebore en Pappa is die rap-sanger Jay-Z (42). Beyoncé is besig om voor te berei vir haar eerste reeks konserte ná  Blue se geboorte.

Die 30-jarige sangeres is reeds vir 16 Grammy-musiektoekennings benoem en is een van die wêreld se grootste styl-ikone.

Jennifer Lopez was verlede jaar se titelhouer.

* Wie is vir jou die mooiste vrou in die wêreld?

  • Delien Bothma

    Jennifer Lopez bly vir my steeds die mooiste vrou in die wêreld! Ek dink sy is nie net mooi van buite nie, maar ook baie mooi van binne! xxx

  • Lindy

    Sofia Vergara

  • Marlize Hickman

    Ek dink weer Prinses Kate (Prins WIlliam se vrou) is die mooiste mens.

  • Lizle Fourie

    Jennifer Lopez!! Ek het nie eers geweet sy het gewen verlede jaar nie, maar sy is smeulend sexy en beeldskoon!!

  • Waldo

    my dogter, Talisa ! syt ook ingeskryf vir jul Voorblad Gesig van die Jaar….

  • Karin

    Reese Witherspoon is vir my baie mooi en Drew Barrymore, Maar ek hou van hulle persoonlikhede ook!