Het jy gehoor?

Sy was nog altyd mooi – selfs op hoërskool

Hoe het jy gevoel toe jy Layli die eerste keer sien en vashou?

Dit was ’n ongelooflike gevoel. Dis iets wat jy nie kan beskryf vir iemand wat nog nie die voorreg gehad het om ’n pa te wees nie. Dit was die beste dag van my lewe.


Wat is vir jou die lekkerste van pa-wees?

Wanneer jou babatjie kan begin liefde wys en haar pappa ’n soentjie en ’n drukkie gee. En om te sien hoe sy elke dag groei en ’n klein mensie word.


Kan jy al self haar doeke omruil en bottels voorberei?

Ja, ek kan dit sowaar doen! Maar ek speel meestal dom sodat my vrou, Marlie, dit moet doen.

Wat is die belangrikste ding wat jy vir Layli wil leer?
Sy moet respek vir haarself én vir ander mense hê.


Wat doen sy wat jou laat lag?

Sy trek so ’n snaakse gesiggie en probeer dan ook nog oogknip terwyl sy dit doen! Sy is eintlik baie vermaaklik vir die mense om haar as sy gemaklik in hul midde voel.