FOTO: Instagram @sistinestallone

Het jy gehoor?

Sylvester Stallone se dogter maak debuut as model

Sylvester Stallone se beeldskone dogter Sistine Rose het onlangs haar debuut as model gemaak, berig HELLO!  

Die 16-jarige, wie se modelloopbaan nou begin vlamvat, het stylvol gelyk in ’n roomkleurige rok in TeenVogue.

Sistine Rose bieg dat sy nie haar akteurpa se talent geërf het nie: “Ek het my sin vir humor en werketiek by my pa geërf. Maar ek is ’n aaklige aktrise! Ek haat dit om myself op kamera te sien praat – ek lyk belaglik.” 

 

Die langbeen is wel die spieëlbeeld van haar ma, Jennifer Flavin, wat voorheen as model gewerk het. Jennifer gee dus goeie raad vir die tiener: “Sy het my geleer van my goeie kant en slegte kant, hoe om op die loopplank te stap en hoe om iemand anders te wees as ek uitrustings verander.”