Katie Holmes
FOTO: Gallo Images / Getty Images

Katie Holmes FOTO: Gallo Images / Getty Images

Het jy gehoor?

Taylor Swift, Katie Holmes kom na Suid-Afrika!

SARIE.com het vroeër berig Meryl Streep kom eersdaags Suid-Afrika toe om haar nuutste fliek te skiet, maar nou hoor ons dat ander bekendes ook in die Wes-Kaap kom verfilm.

Katie Holmes, Taylor Swift, Jeff Bridges en Meryl Streep. Dié groot name gaan vir ‘n ruk hul Hollywood-huise verruil om in ons pragtige land aan hul nuwe film, The Giver, te skiet.

Die fliek gaan glo in die Paarl geskiet word, maar die datums word nog geheim gehou sodat die verfilming nie deur toeskouers onderbreek word nie. Die oorsese media berig wel dat verfilming 7 Oktober begin.

The Giver The Giver is ’n fantasie-verhaal wat afspeel in ’n distopiese gemeenskap met ’n vrees vir vryheid. Alle herinneringe van hul geskiedenis is uitgewis en hulle is emosieloos.

Meryl Streep speel een van die hoofde van dié gemeenskap. Dié film is gemik op tieners en dit sal Meryl se eerste film vir ’n jonger gehoor wees.

Taylor is welbekend aan die jonger gehoor en het glo dié rol losgeslaan toe sy die vervaardiger van die film, Harvey Weinstein, by die Toronto filmfees beïndruk het by die première van One Chance, waarvoor sy die temalied geskryf het.

Nóg rolprente wat in Suid-Afrika geskiet is:

  • The Bang Bang Club
  • Blood Diamond
  • Chronicle
  • Cry, the Beloved Country
  • Dark Tide
  • Distrcit 9
  • Dredd
  • Endgame
  • Free Willy: Escape from Pirate’s Cove
  • Home Alone 4
  • Invictus
  • Lord of War
  • Mad Max: Fury Road
  • A Reasonable Man
  • Safe House
  • The Scorpion King 2: Rise of a Warrior
  • Spud
  • Zulu

Bronne: Fox News, Film Contact