VIDEOGREEP: YouTube

VIDEOGREEP: YouTube

Het jy gehoor?

Taylor Swift se eks in ’n Springbok-trui – dís hoekom

Een van Taylor Swift se eks-kêrels, Harry Styles, het die afgelope naweek in ’n Springbok-rugbytrui verskyn – op ’n Twitter-foto …

Harry, die One Direction-sanger, en dié Britse groep se ander lede, Niall Horak, Zayn Malik, Liam Payne en Louis Tomlinson, lyk almal heel gemaklik in die groen-en-goud. Big Concerts, wat internasionale musiekkonserte na Suid-Afrika bring, het dié foto vanoggend op Twitter en Facebook gedeel om die groep se Suid-Afrikaanse konserte in 2015 te bemark.

Sangeres Rihanna in Suid-Afrika

Met treffers soos “What Makes You Beautiful”, “Best Song Ever” en “Live While We’re Young” is One Direction al sedert 2011 ’n internasionale sensasie onder tienermeisies. Maar ná hul meer onlangse treffer, “Story of My Life”, is dit nie noodwendig nét tienermeisies wat dié konserte sal bywoon nie!

One Direction verkoop hul eie parfuum

Hulle tree 28 en 29 Maart 2015 op by die FNB-stadion in Soweto en op 1 April by die Kaapstad-stadion. Kaartjieverkope maak Vrydagoggend oop.

Can’t wait to see you all … Lekker,” sê Harry in ’n video waar die groep self hul besoek aankondig. Kyk hier na die video.

Taylor Swift sny haar hare!