FOTO Instagram / @taylorswift

Het jy gehoor?

Taylor Swift se eks praat uiteindelik

Hy was slegs drie maande die Amerikaanse popsangeres Taylor Swift se kêrel. Maar vir die eerste keer praat die Britse akteur Tom Hiddleston oor hul kortstondige verhouding.

In 2015, net twee weke ná Taylor en die platejoggie Calvin Harris se paadjies geskei het, het die twee ’n verhouding begin. Destyds het ’n paar mense bespiegel dat hul verhouding bloot ’n front was om aandag te soek.

In ’n onderhoud met die Amerikaanse tydskrif GQ het Tom dit ontken.

“Natuurlik was dit eg. Jy moet vir liefde baklei. Jy kan nie sit en bang wees vir wat ander mense daaroor gaan dink nie. Jy moet getrou wees aan jouself.”

Tom het egter steeds net goeie dinge oor Taylor te sê.

“Taylor is ’n ongelooflike vrou. Sy is vrygewig, goedhartig en ons het ’n wonderlike tyd saam gehad.”

Vir die volledige onderhoud klik hier.

Lees nou

Dakota Johnson se styl-evolusie

Obama hou vakansie saam met Virgin-baas

Hilde op Kenhardt: Vang haar eie skaap & sing ‘Xabara’