FOTO Instagram / @Taylorswift

FOTO Instagram / @Taylorswift

Het jy gehoor?

Taylor Swift se nuwe liefde

Shake it off. Taylor Swift het glo wéér ’n nuwe liefde. En dié keer is dit die Britse akteur Tom Hiddleston (35). En dit net twee weke ná sy en die platejoggie Calvin Harris uitmekaar is.

Steelfoto’s van Taylor en Tom wys waar hulle, so ewe uit ’n toneel van ’n James Bond-rolprent, op ’n strand in die VSA hande vashou en soen. Tom is hoeka een van dié name wat rondgegooi word vir die nuwe 007. Die skinderkoerant The Sun het hierdie foto’s gepubliseer.

Die ‘paartjie’ het  vroeër vanjaar in New York by die Met Gala saamgekuier en gedans. Sy was toe nog in ’n verhouding met Calvin.

Calvin Harris het intussen alle bewyse van hul verhouding op sosiale media verwyder, wat moontlik wys dat daar bietjie Bad Blood tussen hom en Tay is. Hy het die volgende getwiet:

Calvin Harris

Hy het dít intussen van sosiale media verwyder. Hy volg ook nie meer vir Taylor op Twitter of Instagram nie en het alle foto’s van hulle verwyder, berig BuzzFeed.

Lees nou

Mila Kunis en Ashton Kutcher is swanger!

Is Jennifer Aniston swanger?

Seal praat Afrikaans!