FOTO Instagram / @Taylorswift

FOTO Instagram / @Taylorswift

Het jy gehoor?

Taylor Swift verlos van jurie-pligte

Jy lees reg. Selfs bekendes moet soos doodgewone Amerikaners vir juriepligte aanmeld. En onlangs was dit die Grammy-wenner Taylor Swift se beurt. 

Dit verklaar hoekom sy nie twee weke gelede by die MTV se musiekvideo-toekennings was nie. Maar haar juriepligte was van korte duur. Taylor is as potensiële jurielid aangewys in ’n saak van ontvoering en verkragting. Maar sy het gevra of sy verskoon kan word omdat sy nie objektief genoeg is om in só ’n saak juriediens te verrig nie. Sy het destyds self ’n saak van seksuele teistering teen iemand aanhangig gemaak, berig Huffington Post.

Taylor het vir die regter gesê dat sy bereid is om in enige saak juriediens te doen, behalwe só een.

Natuurlik het sy nie geloop sonder om selfies saam met van haar aanhangers te neem nie.

Sy is nie al bekende wat vir juriepligte moes aanmeld nie. Die volgende bekendes was ook al lid van ’n jurie.

 

Tom Hanks

 

Oud-president George W. Bush

 

Oprah Winfrey

Donald Trump

donald-trump-01-435

 

Anna Kendrick

Prada giving me laid back Cersei vibes A photo posted by Anna Kendrick (@annakendrick47) on

Maar nie almal word gekeur vir juriepligte nie. In 2003 en 2014 moes die Hollywood-akteur Brad Pitt aanmeld. Maar hy was albei kere verskoon oor hy glo te veel aandag getrek het, berig Daily Mail.

Lees nou

Paralimpiese Spele: Jou gids
5 nuusstories waaroor almal praat
Droogte eis sy tol: Waterbeperkings in Johannesburg