FOTO: Instagram  taylorswift

FOTO: Instagram taylorswift

Het jy gehoor?

Taylor Swift vir $42 miljoen gedagvaar

’n Relatief onbekende R&B-sanger dagvaar Taylor Swift vir $42 miljoen (byna R600 miljoen) omdat hy meen die Grammy-wenner het sy lirieke gesteel vir haar gewilde liedjie “Shake It Off”, berig E! Online

Jessie Braham (sy R&B-naam is Jesse Graham) glo ’n sleutelfrase van Taylor se “Shake It Off” klink baie soos sy liedjie met die naam “Haters Gone Hate”. Volgens die Daily News het Jessie ook gesê as dit nie vir sy liedjie was nie, het Taylor se 2014-treffer nooit die lig gesien nie.

Maar min mense stem saam met hom. Luister hier na sy “Haters Gone Hate” en besluit vir jouself.

Jessie wou eers net amptelike erkenning as medeskrywer van “Shake It Off” kry en ’n selfie saam met Taylor neem. Toe sy weier, het hy aanspraak op haar geld gemaak.

Hier is die video van Taylor Swift se “Shake It Off”, wat al meer as 1 miljard keer gekyk is.

Bronne: E! Online en Daily News

Lees ook 

ZZZ

Skryf HIER vir dié kompetisie in