FOTO Instagram / @taylorswift

FOTO Instagram / @taylorswift

Het jy gehoor?

Net 15% van rykste celebs is vroue

Forbes het die 100 celebs met die grootste salaristjeks bekend gemaak – en net 15 bekendes op dié lys is vroue.

Net twee vroue is onder die top-10, Taylor Swift (eerste plek) en Adele (nommer 9). Verlede jaar het die prentjie min of meer dieselfde gelyk – Katy Perry (in die derde posisie) en Taylor Swift (in die agtste plek) was toe die enigste vroue onder die top-10.

Taylor Swift verdien meer as R6 miljoen – per dág! 

Hoewel die getal vroue op sulke lyste nie vinnig toeneem nie, verhoog hul verdienste. Taylor is in die eerste posisie met $170 miljoen (sowat R2,4 miljard). (Verlede jaar was dit Floyd Mayweather met $300 miljoen). Scarlett Johannson is ook onlangs aangewys as die aktrise met die grootste salaris.

Baie sê dis danksy vroue soos Charlize Theron, Robin Wright en Patricia Arquette wat veg vir gelyke betaling – lees meer HIER.

En die 26-jarige Taylor loop ver voor. In die tweede plek is die groep One Direction met $110 miljoen (sowat R1,5 miljard). Met haar 1989-wêreldtoer het sy ’n bruto wins van $200 miljoen gemaak – en dit net tydens die VSA-been!

1989 Album

Adele is negende op die lys met haar $80,5 miljoen (R1,1 miljard)-inkomste in 2016. In die week waarin sy haar nuutste album, 25, bekend gestel het, is meer as 3 miljoen kopieë daarvan verkoop.

Só lyk die top-10

Taylor Swift – $170 miljoen

One Direction – $110 miljoen

James Patterson – $95 miljoen

Dr. Phil McGraw – $88 miljoen

Cristiano Ronaldo – $88 miljoen

Kevin Hart – $87,5 miljoen

Howard Stern – $85 miljoen

Lionel Messi – $81,5 miljoen

Adele – $80,5 miljoen

Rush Limbaugh – $79 miljoen

Kyk na die res van lys op Forbes se webtuiste.

Lees nou

Charlize lei stryd vir gelyke betaling – en wen!

Betaling by Wimbledon

Kyk wie is die wêreld se rykste atleet in 2016!