Riaan Cruywagen

Riaan Cruywagen

Het jy gehoor?

Televisie vier sy 40ste verjaarsdag + Riaan Cruywagen gesels

Op 5 Januarie 1976 om 18:00 het Suid-Afrikaners vir die eerste keer voor hul televisies ingeskuif, want dit was amptelik die eerste uitsending. Die temalied het gespeel en aanbieders Dorianne Berry en Heinrich Marnitz het kykers verwelkom.

Om 18:01 het Haas Das, nuusleser van Diereland, verskyn: “Goeienaand! Voor die nuusbulletin begin, net eers ʼn paar woordjies…”

Veertig jaar later kan dié ikoniese nuusleser en stem van Haas Das, Riaan Cruywagen, steeds daardie aand se vlinders onthou.

“O, maar die vlinders het gevlieg in my maag. Gelukkig het hulle net in ʼn formasie gevlieg,” het Riaan aan SARIE.com gesê.

Daardie aand was Riaan die nuusregisseur vir die Engelse nuus om 20:18 én die Afrikaanse nuus om 23:30.

“Ek onthou dit nog soos gister, dit was opwindend. Almal was op hul plek. Maar nou is ek die enigste oorblywende lid van die oorspronklike span.”

Daardie aand het Nic de Jager ook in die Afrikaanse reeks Die dubbele Alibi gespeel.

“Van daardie dag af moes Afrikaanse televisie baie kreatief wees. Ons moes ons eie programme skep, want die Amerikaanse mark sou dalk nie vir ons gewerk het nie. En toe kry ons dit reg. Dit was regtig opwindend.”

Só het die eerste program gelyk:

Hier is Haas Das in aksie: