FOTO: Twitter

Het jy gehoor?

Tennis-ster Novak Djokovic verloof

Die tennis-ster Novak Djokovic is verloof aan Jelena Ristic.

 

Die Serbiese atleet het dié nuus op sy Twitter-blad aangekondig en ’n foto van hulle gedeel. Hy het bygeskryf:

 

Ontmoet my verloofde en my toekomstige vrou. So gelukkig! Dankie vir die mooi gelukwensings.

FOTO: WhoSay

FOTO: WhoSay

Die paartjie is al vir 8 jaar saam en Jelena is gereeld langs die baan om vir Novak te ondersteun. Sy is die uitvoerende direkteur van die Novak Djokovic Stigting wat kinders van agtergeblewe gemeenskappe help om in veilige omgewings te speel en te ontwikkel.

Dié nuus kom net dae nadat Novak, wat al 6 keer die Grand Slam-kampioen was, die negende speler geword het om vir 100 weke die nommer 1-tennisspeler te wees.

Gladde hare nes Andy Murray se meisie

Nóg ’n tennis-ster verloof!

Die Amerikaanse tennisspeler Ryan Sweeting is verloof aan die The Big Bang-aktrise Kaley Cuoco.

Dié paartjie gaan net sowat 3 maande uit, maar volgens bronne het die romanse begin blom nadat hulle mekaar op ’n blinde afspraak ontmoet het.

Kaley, wat vinnig besig is om een van die hoogs betaalde aktrises op televisie te word, deel ’n liefde vir tennis met Ryan. Sy het as kind baie goed tennis gespeel, maar het op die ouderdom van 16 jaar haar tennisloopbaan vir ’n Hollywood-loopbaan verruil.

Wimbledon-modes

Sy het voorheen met haar mede-akteur van The Big Bang Theory Johnny Galecki (Leonard Hofstsadter) uitgegaan. Sy was voorheen ook al verloof, maar dié verlowing is verbreek. Sy het voor Ryan met Henry Cavill uitgegaan – die jong akteur wat die ster van die nuwe Superman-film is.

Bron: Hello, WENN