Andy Murray vir Rado

Het jy gehoor?

Tennisster slaan ’n kishou voor die kamera

Die Britse tennisspeler Andy Murray het die harte van sy mense gesteel toe hy verlede jaar Wimbledon wen … nou steel hy ook die harte van die Switsers.

Andy is volgens Harper’s Bazaar aangewys as die nuwe gesig van die Switserse horlosiemaker Rado. Lees die volledige artikel hier. Dis Andy se eerste advertensie vir ’n luukse modehuis en hy gaan in al Rado se gedrukte advertensies verskyn.

Andy Murray FOTO: Instagram (@andymurray)

Andy Murray
FOTO: Instagram (@andymurray)

Klik hier vir foto’s wat agter die skerms by die advertensie geneem is.

Die advertensie, wat foto’s van Andy in ’n pak én aksiefoto’s op die tennisbaan insluit, is in Valencia, Spanje, geskiet.

Andy Murray vir Rado

Andy Murray vir Rado

Die tennisster, wat verlede jaar die eerste Brit was wat Wimbledon die afgelope 30 jaar gewen het, is al vir langer as twee jaar die ambassadeur van Rado se horlosies. Hy het die Rado HyperChrome Automatic Chronograph, wat hy nou adverteer, gedra toe hy verlede jaar die Wimbledon-trofee in ontvangs geneem het.

Bron: Harper’s Bazaar

Meer oor Andy Murray op SARIE.com