The Devil Wears Prada
Het jy gehoor?

The Devil Wears Prada – die musiekblyspel

The Devil Wears Prada is een van daardie flieks wat jy oor en oor kan kyk. Nou word dié komedie-drama ’n musiekblyspel, berig Elle

Ja, karakters soos Miranda Priestly is eersdaags op die verhoog te sien!

In samewerking met 20th Century Fox “hoop” Kevin McCollum om dié musiekblyspel te vervaardig. Hy is altyd op soek na nuwe moontlikhede: “Ek raak verlief op dinge wat nog nie eens bestaan nie.”

Kevin beplan ook om ’n musiekbyspel van Mrs. Doubtfire te vervaardig.

In hierdie stadium is daar ongelukkig nog nie baie inligting beskikbaar oor die rolverdeling of watter musiek gebruik gaan word vir The Devil Wears Prada se musiekblyspel nie.

Dié gewilde fliek met Meryl Streep en Anne Hathaway is in 2006 uitgereik, en is gebaseer op Lauren Weisberger se boek met dieselfde titel.

Bron: Elle

Lees ook