FOTO BBC

FOTO BBC

Het jy gehoor?

The Hoff is terug

As jy in TV-juwele soos Knight Rider en Baywatch gespeel het, kan jy sekerlik iewers jouself begin speel? David Hasselhoff, oftewel The Hoff, het ook só gedink. Nou het hy die gesogte internasionale Emmy-prys gewen vir sy komedie Hoff the Record.

In die kategorie vir beste internasionale komedie het The Hoff gewen. Suid-Afrika is in dieselfde kategorie benoem, en wel vir Puppet Nation ZA.

In Hoff the Record speel David die rol van David Hasselhoff, ʼn fiktiewe weergawe van homself. Hy probeer om sy sukkelende loopbaan weer aan die gang te kry en sy eerstydse glorie te herstel.

Hoff the Record is nog nie in SA beskikbaar nie. Ons kan dit eers op 28 Desember begin kyk, om 20:00 op BBC Brit (DStv-kanaal 120).

Hier’s paar interessante feite oor die akteur:

– Sy eerste erkenning as akteur was vir sy rol as dr. Snapper Foster in die sepie The Young and The Restless.

– Sy rol as Michael Knight in die TV-reeks Knight Rider (1982-1986) saam met die robotmotor wat kon praat, Kitt, het hom beroemd gemaak.

Baywatch (1990-2001) is aanvanklik ná die eerste seisoen gekanselleer. The Hoff het baklei om die reeks aan die lewe te hou en het toe self, as vervaardiger, geld voorgeskiet. Die reeks was ’n sukses: 1 biljoen kykers in 140 lande.

– In die laat 80’s het hy ʼn loopbaan as sanger begin en sukses behaal met die liedjie “Looking for Freedom”. Dit het driedubbele platinumstatus in Europa bereik en was nommer 1 in Duitsland.

– Hy voer “Looking For Freedom” op tydens ’n Nuwejaarkonsert in 1989 by die Berlynse muur, etlike dae ná die muur afgebreek is.

– The Hoff was romanties verbind met Patricia Lewis nadat hulle by Sun City ontmoet het toe sy net 20 jaar oud was.

– In 2007 verskyn daar ʼn video op YouTube van ’n dronk David, wat deur sy dogter Taylor Ann gemaak is. In die video kon jy haar stem hoor terwyl sy hom soebat om op te hou drink. Taylor Ann het self die video op die internet geplaas. Sedert Mei 2009 is hy skoon.

Kyk die uittreksel uit Hoff the Record:

Lees nou

Miley Cyrus se suster sing ook

Die beste #Mannequinchallenge nog!

7de Laan-ster se baba is hier!