Het jy gehoor?

Die ‘Hoff’ se dogter word mooi groot!

Hayley het as jong meisie op die stel van Baywatch na haar pa gekyk terwyl hy werk en gedink dít lyk nou lekker. En hoe anders met pa David Hassellhoff wat die ster van Baywatch was en ma Pamela Bach-Hasselhoff wat ook vir ’n tydjie in dié gewilde reeks gespeel het.

Hayley Hasselhoff

Hayley saam met pa David op die voorblad van ‘n Duitse tydskrif

Maar dit was as plus-grootte model wat Hayley naam gemaak het nadat sy as die gesig van bekende Amerikaanse klerereekse aangewys is en in tienertydskrifte soos Seventeen en Teen Vogue verskyn het.

As tiener het sy gesê sy wil ’n ander tipe rolmodel vir jong vroue wees – een wat nie obsesseer oor haar gewig nie.

“Ek is finaal by die punt in my lewe waar ek gemaklik is met wie ek is. Ek is so bly tieners kan na my kyk en besef dit is okei om kurwes te hê,” het sy aan Daily Mail gesê.

Hayley HasselhoffHayley Hasselhoff

Hayley Hasselhoff

En vreemd genoeg is dit volgens haar die ondersteuning van haar familie wat haar help vrede maak het dat sy nie ‘n “stokkie” is nie. Iets wat ongewoon vir die kinders van sterre is, wat gewoonlik sê hulle voel méér druk om perfek te wees.

“In Los Angeles voel jy jy moet op ‘n sekere manier lyk of optree om aanvaar te word. Ek dink dit is hoekom ek nederig bly – as gevolg van my familie – en so het ek net myself gebly. Maak nie saak watter grootte ek is nie – hulle het my nog in alles ondersteun wat ek wou doen.”

Buiten dat Hayley sedert 14-jarige ouderdom modelwerk doen, volg sy ook in haar akteur-ouers se voetspore en wil graag ’n aktrise word.

Sy het ook in die 1990’s in 2 episodes van Baywatch gespeel en het sedertdien haar voet in die deur probeer kry.

En sy wil soos haar pa ook graag ‘n sangloopbaan hê. Sy en haar suster, die 22-jarige Taylor-Ann Hasselhoff (The Young and the Restless, Baywatch), is ’n sangduo, Electric Stiletto.

Taylor-Ann Hasselhoff

Hayley se suster, Taylor-Ann

HIERONDER is Hayley en Taylor-Ann se eerste musiekvideo: