Het jy gehoor?

The Nanny (Fran Drescher) kuier in Kaapstad

Fran Drescher, die bekende aktrise van die TV-reeks The Nanny, is vir die derde keer in SA. Dié keer om met vroue te praat oor HIV/Vigs. Sy’s ook ywerige spreker vir vroue-gesondheid in Amerika, en sal tydens haar besoek aan SA ook namens die Tomorrow Trust hieroor praat.

Drescher het ook baarmoederkanker oorwin en deel graag haar storie. Sy het na aanleiding van haar stryd daarteen ‘n organisie gestig om vroue ingelig te hou oor dié tipe kanker.

“Die gesondheidsprobleme wat vroue regoor die wêreld in gemeen het oorskry enige religieuse en politieke verskille. Ons moet in ons vrouwees saamstaan en mekaar ondersteun,” het sy gesê. (Bron: www.eyewitnessnews.co.za)

Fran op die lug

Skakel vanoggend (26 Augustus) tussen 6h00 en 9h00 in op Kfm (Kaapse radiostasie) se oggendprogram saam met omroeper Ryan O’Connor wanneer hy met Fran Drescher gesels.