push_me_to_the_floor_wines
Het jy gehoor?

The Parlotones stel hul eie wyn bekend – intens!

Die wynmakers was Hugo Truter en Pieter-Neil, terwyl wyn-entrepreneur Pieter Walser en Woolworths se wynkeurder Allan Mullins die basiswyne gekies het. The Parlotones (Kahn, Neil, Paul en Glenn) het dit vermeng.

“My liefdesverhouding met wyn het begin toe ek die dag besef dat wyn ‘n pasmaat op my mooiste en hartseerste oomblikke was. Ons Parlotones-rooiwyn, Giant Mistake 2008, spoel oor jou lippe met die intense geur van ryp, sappige bessies en sjokolade-koffie. Die subtiele, eksotiese speserygeure gee persoonlik heidaan die merkwaardige wyn… Dankie dat julle in hierdie ongelooflike avontuur deel,” sê Kahn Morbee, hoofsanger van The Parlotones.

Giant Mistake 2008

Vermeng op verskillende eksotiese plekke, gebottel by Wamakersvallei Winery.
Gemaak
van Cabernet Sauvignon (54%), Shiraz (23%), Pinotage (12%), Cabernet Franc (11%). 56% van die druiwe kom van Wellington, en 44% van Stellenbosch.
Verouder
in 2de en 3de vul-vate voor vermenging plaasgevind het
Alkohol-inhoud:
14%
Geniet saam met ‘n ete saam met vriende en musiek van The Parlotones op die agtergrond
Hoeveel kos dit? R79,95 per bottle

Push me to the floor 2009

Vermeng op verskillende eksotiese plekke, gebottel by Wamakersvallei Winery
Gemaak van:
Chenin Blanc (60%), Gewurztraminer (25%), Chardonnay (10%) and Viognier (5%)
Alkohol-inhoud
is 12,5%
Geniet dit saam met seekos en witvleis, en veral saam met ligte Asiese spesery-geregte
Wat kos dit?
R59,95 per bottel

  • http://cmhzyscbeemg.com/ giahfidfvx

    8cwIK2 qrrlyqbeejja, [url=http://ecxawcwkqzxg.com/]ecxawcwkqzxg[/url], [link=http://rxsqlhtyvqjs.com/]rxsqlhtyvqjs[/link], http://gegytxreeoll.com/