Het jy gehoor?

The Simpsons vier 20 jaar

Ná presies 20 jaar is dié satiriese animasie-program op laataand-TV die langslewende een in sy genre. En steeds gaan hulle voort! Matt Groening, skepper van The Simpsons, sê hulle sal hul bes probeer om nóg 20 jaar vol te hou.

Homer met sy 3 hare, Marge met haar vertikale perm en hul kroos, Bart, Lisa en Maggie, is een van die wêreld se bekendste kerngesinne. ‘n Hele rits ander karakters van Springfield vul die gesin aan, en oor die jare het talle bekendes in gasoptredes (dikwels as hulself) verskyn. (Sien lys hieronder.)

Eerskomende Sondag saai hulle die 450ste episode van The Simpsons op die Amerikaanse Fox-kanaal uit! (Bron: www.silive.com)

Wie was al almal gaskunstenaars
(as hulself of ‘n karakter) in The Simpsons?

Larry King
Danny DeVito
Ringo Starr
Michael Jackson
Sting
Brooke Shields
Taylor, Elizabeth 

Michelle Pfeiffer
Buzz Aldrin
Winona Ryder
Meryl Streep
Glenn Close
Anne Hathaway
Lance Armstrong

Vir ‘n volledige lys van name klik hier

Daardie stemme!
Dan Castellaneta – Homer
Julie Kavner – Marge
Nancy Cartwright – Bart
Yeardley Smith – Lisa

Het jy geweet?

Die vervaardigers kon nog nooit ‘n Amerikaanse president oorreed om in The Simpsons te verskyn nie. Ronald Reagan het wel ‘n vriendelike briefie teruggeskryf – dankie, maar nee dankie. Hul visier is nou op Obama gemik. Wie weet . . .