Het jy gehoor?

The Weakest Link SA-aanbieder, Fiona Coyne, sterf glo tuis

Aanvanklik is berig dat skerpsinnige aanbieder van die Suid-Afrikaanse weergawe van The Weakest Link, Fiona Coyne (45), vanoggend (18 Aug) in ‘n motorongeluk gesterf het. Maar dit blyk nou dat sy by haar huis in Vishoek gesterf het. Die polisie het dit bevestig, volgens Nuus24.

Bekende sanger Steve Hofmeyr twiet op sy Twitterblad dat sy een van die laaste gaste op sy onlangse Dis hoe dit is met Steve-reeks was. Hulle was ook saam in dramaskool. Verdere nuus is nog nie beskikbaar nie.

In SARIE van September 2007 het Fiona haar werksfilosofie só beskryf: “Vir my is sperdatums in goud en marmer geset. Ek kan die enkele tye toe ek nie een gehaal het nie op my een hand tel. Ek glo ook daarin om meer te gee as wat van my verwag word. En moenie meer belowe as wat jy kan doen nie!”

  • Lenka Diedericks

    Ai toggie … dis so bitter hartseer! My diepste simpatie gaan uit na haar familie en vriende. Ons het nou nog ‘n SA Ikon verloor.

  • Elna

    My hart breek vir haar gesin! Sterkte aan haar familie!

  • Elize

    This is bad, she was such a dynamic and energetic woman.

  • Sterkte aan haar familie in die hartseer dae wat voorlê.

  • Marita Britz

    Fiona ons almal gaan jou mis! Innigste simpatie vir jou familie en vriende!

  • Mariette

    Wat ‘n tragiese gebeurtenis. My gebede gaan aan haar familie, haar gesin en vriende. Sy was voorwaar ‘n rolmodel vir baie.

  • Amanda Pieterse

    Die trane wel in my oe op…………dit is so hartseer. Sy was dinamies.
    gaan haar baie mis. Ons bid haar familie sterkte toe.