the_wizard_of_oz_005
Het jy gehoor?

The Wizard of Oz het in 2010 71 jaar oud geword

Om die 71 verjaardag van die 1939-klassieke fliek, The Wizard of Oz, te vier, het die www.guardian.co.uk 71 interessante feite rondom dié fliek gelys. Hier’s net ‘n paar:

1. Die fliek is deur regisseur Victor Fleming gemaak en is op die boek The Wonderful Wizard of Oz gebaseer wat in 1900 deur L. Frank Baum geskryf is. Baum het reeds 20 jaar voor die maak van die fliek, gesterf.

2. Judy Garland se wit rok was eintlik pienk omdat dit makliker was om in kunskleur (technicolour) te verfilm.

3. ‘n Korset het gesorg vir die volwasse Judy se kinderlike lyfvorm.

4. Jellie-agtige kristalle is op die perde van Emerald City geplak om hul kleur te gee. Dié tonele moes baie vinnig geskiet word aangesien die perde ewe skielik ‘n voorliefde vir jellie ontwikkel het!

5. Die produksie het sowat 2 miljoen doller gekos – ‘n aardige bedraggie vir daardie tyd. Dit het net 3 miljoen doller by die loket gemaak met die eerste vrystelling.

6. Destydse MGM-hoof, Louis B. Mayer, het oorspronklik die voorstel gemaak om Dorothy se skoentjies van silwer na robynkleurig te verander.

7. Die liedjie ‘Over the Rainbow’ is in 2004 as die topliedjie in die Amerikaanse Filminstituut se lys vir die ‘100 Beste Liedjies in Amerikaanse Flieks’ gekies en in 2008 het dié klassieke fliek die top-posisie op dié instituut se lys van 10 grootste fantasieflieks gehaal.

8. Louis B. Mayer wou so gou moontlik produksie aan dié fliek begin het as ‘n teenvoeter vir die sukses van Walt Disney se Snow White and the Seven Dwarfs in 1937.

9. Vyf verskillende regisseurs en 14 skrywers was betrokke in die pre-produksie-fase.

10. Na bewering is dit die mees gekykte fliek in die Westerse wêreld grootliks omdat dit so baie keer op TV gewys is.

11. Skrywer Baum het op die naam Oz besluit toe hy tydens die skryfproses na sy liasseerkabinet gekyk het en sy liasseringsklassifikasie, A – N en O – Z, gesien het.

12. In 1989 is daar ‘n paar robynkleurige skoene gemaak om die 50ste herdenking van die fliek te vier. Die skoene was sowat R20 miljoen werd.

13. Daar is 5 verskillende pare skoene in die fliek gebruik. Een van die pare is in 2005 uit ‘n museum in Minnesota gesteel. Dié paar skoene was vir meer as R7 miljoen verseker.

14. Jack Haley, wat die Tin Man speel, het erge ooginfeksie gekry van die grimering wat van aluminium gemaak is.

15. “Toto, I have a feeling we’re not in Kansas anymore” was no. 62 op Premiere Magazine se lys van 100 gunsteling fliek-sêgoed.

Vir nog ‘n paar interessante feite klik hier.

SÓ HET JUDY GARLAND DOROTHY GEWORD…