juanita_en_theuns
Het jy gehoor?

Theuns en Juanita se nuwe DVD-opname – wees in die gehoor!

Ná die sukses van Bring jou hart, wat vier jaar gelede Suid-Afrikaners se harte gesteel het, het hulle besluit om ’n opvolg-DVD uit te reik, Hart vol drome.

Hart vol drome sal bestaan uit splinternuwe liedjies asook ou treffers wat jou hart warm laat klop.

Die beste van alles is dat jy deel kan wees van die gehoor wanneer dié twee legendes Hart vol drome opneem.

Dit vind 2 en 3 Desember 2011 plaas by Carnival City se Big Top Arena in Brakpan.

Kaartjies is beskikbaar by Computicket en kos tussen R110 en R161, of skakel 083 915 8000.

  • Nicolene Fourie

    Ons speel elke Sondagoggend Bring Jou Hart kliphard want ons is mal oor Theuns en Juanita. Ons open ook ons dansbaan met ons trou trots Suid Afrikaans met Theuns se Jou Asem. Ons wil graag in die verhoor wees met die opname!

  • Cora Botha

    Ek sal graag in die gehoor wil wees vir die Hart vol drome opname.

  • Wilma de Villiers

    Dit is great nuus. Ek geniet hulle musiek baie en speel dit daagliks as ek in die motor ry na kliente en ook as ons met vakansie gaan. Afrikaans bo! Sien uit daarna sou ook graag daar wil wees. Groete Wilma

  • Benita Maud Burger Rodrigues

    Ág hoe lekker~~wens ek was in Suid Afrika daarvoor, maar ek sit met my assie in die verre Portugal~~hulle is my favourite Afrikaanse sangers!! Ek moet my handjies op die DVD lê! Engel van my hart…….Dowwe Spore……..Beautiful in Beaufort Wes……..Soos bloed……!!!!!