FOTO: Phyllis Green geneem by Rademeyers, 021 993 5844, info@rademeyers.co.za

FOTO: Phyllis Green geneem by Rademeyers, 021 993 5844, info@rademeyers.co.za

Het jy gehoor?

Theuns Jordaan sing by Rolene Strauss se troue + foto van die koek

Almal swymel steeds oor Rolene en D’Niel Strauss se droom-troue die afgelope naweek op Lourensford in Somerset-Wes. En die gewilde sanger, Theuns Jordaan, het die dag nog meer spesiaal gemaak.

Theuns het glo op die onthaal gesing en almal het lekker gedans. Hy het treffers soos “Net voor die storm kom”, “Sal jy bly”, “By jou”, “Jou asem”, “Soos bloed”, “Walk the Line”, “Go Your own Way” en “Tougher Than the Rest” gesing.

Rolene het pragtig gelyk in haar Casper Bosman-skeppings (kyk na die foto’s op haar webtuiste). Die oopskouer-trend is groot in 2016 – en dis iets wat jy op enige ouderdom kan dra – lees hier meer.

En kyk net die pragtige vyf-laag troukoek!

koek1

 Lees nou

Die paartjie het verlede jaar verloof geraak. Rolene het haar pragtige ring op sosiale media gewys.

As Mej. Suid-Afrika is sy nie toegelaat om in ’n openbare verhouding betrokke te raak nie. Min mense het dus geweet sy en D’Niel het ’n ernstige verhouding. Sy het onlangs op die kykNET-geselsprogram Die Republiek van Zoid Afrika vertel hoe gelukkig sy is om D’Niel, ’n sakeman, in haar lewe te hê. “Ek is die gelukkige een. Ek is die gelukkige meisie,” het Rolene, wat intussen haar mediese studies hervat het, opgewonde gesê.

Die laaste paar weke het die paartjie se troubeplanner, The Aleit Group, gereeld inskrywings met die hutsmerk #MissWorldsWedding op Facebook geplaas.

Selfs Rolene het haar opgewondenheid op sosiale media gedeel

En die ontwerper Casper Bosman het ’n foto saam met Rolene en haar ma, Theresa, gedeel.

Always love having these 2 beauties at the studio! #casperbosman #insidetheatelier #weddingvibes #motherdaughtermoments A photo posted by Casper Bosman-Crous (@casperdesigner) on

Kyk na die foto’s van hul groot dag op Rolene se persoonlike webtuise.

 Lees nou