theuns_home
Het jy gehoor?

Theuns Jordaan se diefstalvoorval – die ware feite

Eerstens is Theuns ná sy konsert na sy kamer in die Lost Trail-gastehuis. Hy was daar tot die oggend toe hy ingelig is dat sy motor gesteel is. Theuns het nie Saterdagaand saam met sy orkes opgetree nie, dus was daar nie “orkeslede“ nie en beslis nie `n partytjie nie. Dit is ook nie Theuns se selfoon en beursie wat gesteel is nie, maar wel dié van Jacques du Plessis, `n jong sanger wat Theuns se voorprogram doen en saam met hom toer.

Jacques was in die kamer langs Theuns. Hy het halfeen die oggend Theuns se foon uit die motor gaan haal en dit vir Theuns na sy kamer geneem. Jacques is daarna na sy eie kamer met die motorsleutel aangesien hy dit die oggend sou terugry na Pretoria. Theuns het later die oggend van Nelspruit na Kaapstad gevlieg.

Jacques het Sondagoggend net ná sewe wakker geword. “My oë het verskriklik gebrand en my keel was baie droog. Ek het besef my foon is nie meer langs my bed nie. Ek het ook gesien my Bybel, wat ek die aand op my tas gesit is, is van die tas gehaal. Toe ek my tas oopmaak, het ek gesien die motorsleutels en my beursie is weg. Die skuifdeur na my kamer was oop. Ek het dadelik om die gastehuis gehardloop en toe gesien die kar is weg.

Ek het vir Theuns gaan wakker maak. Ek het eers later besef dat my klere en `n sak met Theuns se klere is ook gesteel. Ons het die eienaars van die gastehuis gaan wakker maak en hulle het hul sekuriteitsfirma laat kom. Toe hulle daar aankom, het ons gesien die hek waar die motors geparkeer was, is oopgebreek. Daar is ook `n TV uit een van die ander kamers gesteel en whisky uit die kroeg in die gastehuis. My bankkaarte is uit my beursie gehaal en op ons klankman, Wentzel Myburgh, se motor gepak.”

Twee lede van die SAPD in Nelspruit het later opgedaag en aan Jacques gesê hulle vermoed daar is `n slaapgas in sy kamer gespuit en dit is hoekom hy nie wakker geword het nie.

“Die skade is baie groot aangesien daar sowat R8 000,00 se CD’s en R80 000,00 se klanktoerusting in die motor was,“ sê Jacques.

“Die inligting in die artikel wat in Beeld en Die Burger verskyn het, is grotendeels nie waar nie,“ sê Theuns. “Alles is uit Jacques se kamer gesteel en ek was die hele tyd in my eie kamer. Ek waardeer die ondersteuning van die eienaars van die gastehuis asook die SAPD vir die hantering van die saak. Dit is net jammer dat die artikel wat verskyn het `n heel ander prentjie skets as wat die ware feite is.

  • Jacqueline Buchholtz

    Jammer om van die diefstal te hoor! Dit is nie altyd lekker om so iets te verwag nie en veral nadat ‘n mens so hard moet werk om te kom waar ‘n mens wil wees! Gelukkig gebeur alles met ‘n doel en daar is net een manier om posetief te bly,en dis om te bid! Sterkte vorentoe!

  • Lenie

    Party keer weet mens nie meer of jy altyd die pers kan vertrou en glo nie.

  • http://naghmexezeux.com/ amdbdpifqam

    uW8d6B nrtarfpjbeba, [url=http://pmnktsugjkat.com/]pmnktsugjkat[/url], [link=http://woxokaorkzrb.com/]woxokaorkzrb[/link], http://kpjqwkwpxobr.com/