Het jy gehoor?

Theuns Jordaan se verkope steek die 1 miljoen-kerf verby

Met die sukses van sy splinternuwe album, Roeper, en ook sy suksesvolle samewerking met Juanita du Plessis op hul nuwe DVD, Hart vol drome, het Theuns nou deel van die uitgelese miljoen-groep geword.

“Dis natuurlik ‘n baie groot eer en meer as wat ek ooit verwag het,” sê Theuns. “My droom was nog altyd om die sanger te wees wat in die hoek van ‘n pub sit en sing. Om dus dié sukses te behaal is soveel groter as wat ek ooit gedink het dit sou wees.”

Roeper, Theuns se vyfde solo-CD, het reeds goue status behaal voor dit nog op die rak was. Dit is tans nommer een op Musica se Top-20 en is ook die afgelope twee weke die nommereen-CD in die land volgens RSG se Top-20. Hart vol drome is wat DVD-verkope aangaan die nommer een op Musica se verkooplys.

Twee van Theuns se vorige albums, Vreemde stad en Tjailatyd, het die 200 000-merk verbygesteek en Seisoen se verkope is meer as 110 000. Koue vuur het meer as 100 000 eenhede verkoop en sy Grootste Treffers-album het meer as 80 000 verkoop. Roeper beloof om net so ‘n groot sukses soos sy voorgangers te wees.

”Ek het lank gewerk aan Roeper en is baie dankbaar vir die sukses,“ sê Theuns.

Die album bestaan uit veertien snitte waarvan Theuns op tien die skrywer of mede-skrywer was. Een van die liedjies, Voor die storm kom, is reeds ‘n treffer, en die duet met Marta Gomez, die Spaans-Afrikaanse weergawe van Soos bloed, wys hoe ver Afrikaanse musiek kan strek. Die duet met Doctor Victor op die prettige Wie se kind is jy is ’n gunsteling onder aanhangers, maar dis veral die nuwe snitte soos Honger hart, Hartseer vir die reën en Bloutrein wat Theuns vestig as een van die beste sanger/liedjieskrywers in Afrikaans.

Kry jou eksemplaar van Roeper aanlyn by kalahari.com

[box:full:red:both]

Op 11,12 en 13 Oktober 2012 hou Afrikaans is Groot vir die eerste keer konsert – ‘n trefferparade van SA se grootste sangers, almal op een verhoog by die Moreletapark-Gemeente in Pretoria.

Met Steve Hofmeyr, Theuns Jordaan, Juanita du Plessis, Robbie Wessels, Bok van Blerk, Bobby van Jaarsveld, Jay, Karlien van Jaarsveld, Riana Nel, Lianie May, Jannie Moolman, Arno Jordaan, Corlea Botha en Jak de Priester.

SARIE is ‘n media-vennoot, en hierdie is beslis ‘n konsert om nie mis te loop nie!

Kry jou kaartjies nou by bookings.pnptickets.co.za

[/box]

  • M JONKER

    Baie geluk Theuns!!!! Ek koop en luister BAIE graag na jou musiek!!! Ken heelparty uit my kop en sing lekkerr saam in die motor…as ek jou CD laat werk!!! Groete!!!

  • JACKIE

    BAIE GELUK. JY VERDIEN DIT.MAL OOR JOU STEM.

  • Lenie Landsberg

    Hi Theuns

    Jou liedjie Wil jy Bly het my hartsnare diep geraak , Ek kom van Wolmaransstad af ,ken die groot trokke wat so verby vlieg , het ook in hout huissie gebly ,, en n gestremde seun (nou al 35 jaar oud ) wat nie my naam reg kan uitspreek nie noem my Lilly… Ek kon nie glo toe ek vir die eerst keer na die worde luister nie …. Almal wat my ken het sms gesteur om te se jy het n liedjie vir my geskryf ……Wil net se dit sal altyd my nommer een bly . Dankie vir al die mooi musiek . Voorspoed .

  • Bertus Wiese

    Theuns jy is ‘n yster! Jy maak my trots om afrikaans te wees. Hou so aan. Wie weet eendag sing jy dalk ‘n liedjie wat ek geskryf het. Vriendelike Groete. Bertus Wiese