FOTO Conrad Bester

Het jy gehoor?

Tim Theron verwelkom tweede baba

Verlig, verlief en opgewonde. Dís hoe die Afrikaanse akteur Tim Theron die koms van sy gesin se nuwe baba beskryf. Vanmiddag is sy seuntjie, Migael, op Stellenbosch gebore. 

“Ek is klaar verlief op hom,” het Tim opgewonde aan SARIE.com gesê.

Dit gaan goed met ma Juanli en klein Migael, wat piekfyn en gesond is.

“Ons is verlig dat die hele proses verby is, dat als goed afgeloop het. Ons is trots en opgewonde. Ons kan nie meer wag om hom ten volle te beleef en die wêreld deur sy oë te sien nie.”

FOTO Verskaf

FOTO Verskaf

Toe Tim die nuus met SARIE.com deel was hy op pad om sy oudste, Sophia, te gaan haal sodat sy haar boetie kan ontmoet.

“Ons is regtig opgewonde om hul ontmoeting te beleef.”

Baie geluk, Tim en Juanli!

Lees nou

Boer Leon-Fritz praat sy hart uit

Leandie se geheim vir ’n gelukkige lewe ná hartseer

Is jy slimmer as ’n graadeen?