SKERMGREEP: Sky News/Youtube

SKERMGREEP: Sky News/Youtube

Het jy gehoor?

Toeka se dae: Historiese dorpie dalk gevind

’n Groep argeoloë hoop om in net drie maande ’n geheim van 3000 jaar oud op te los. Die geheim? Afgebrande huise, uit die Bronstydperk (3200 – 600 vC), wat vir duisende jare in ’n klipgroef in Peterborough, Engeland, versteek was. 

Al het die huise afgebrand, is heel potte, dele van stoele, bakke, juwele en selfs perdeskoene gevind. Volgens dié groep is dit die bes bewaarde huise en inhoud uit die Bronstydperk wat tot nog toe in Engeland gevind is, berig The Guardian.

Hulle vermoed ook die water het die items help bewaar.

“Waarom het hulle alles verlaat? En is die vuur met opset gestig? Dis wat ons eintlik wil uitvind,” het Mark Knight, leier en argeoloog van die Universiteit van Cambridge, aan The Guardian gesê.

Die argeoloë het nog net drie maande eksklusiewe toegang tot die perseel, daarom moet hulle soveel moontlik raaisels in dié tyd probeer oplos.

Die Britse Pompeii

SKERMGREEP: Skynews/Youtube

SKERMGREEP: Sky News/Youtube

Screen Shot 2016-01-13 at 12.19.23 PM

’n Pot uit die Bronstydperk. SKERMGREEP: Sky News/Youtube

Kenners glo vas hierdie ontdekking kan nou as die Britse Pompeii gesien word. Pompeii, ’n antieke stad in Italië, is in 79 vC deur ’n vulkaniese uitbarsting van die nabygeleë berg Vesuvius verwoes.

“Hier het hulle ook net alles gelos. Hul kos, hul besittings, alles! En in sommige gevalle het mense gesterf. Wie het die vuur begin? Al hierdie geheime is vir jare versteek,” het Duncon Wilson, direkteur van Historic England, aan Sky News gesê.

Vanjaar se ander ontdekking

Elke 15 jaar word die kanaal Saint-Martin in Parys, Frankryk, leeggetap. En dis omtrent ’n opwindende affêre. In 2004 is toilette, gewere en selfs munte gevind.

Kyk wat het hulle vanjaar gekry: