Het jy gehoor?

Toets jou Kersfees-kennis

Kom speel saam en kyk hoeveel jy weet!

Wat is die name van dié Kersliedjies?

Doen die vraelys

Nog nie ‘n Kerskaart gestuur nie? Klik en stuur ‘n gratis e-kaartjie!

Soek jy nog geskenkkaartjies? Druk joune gratis uit op enige papier van jou keuse.

Nog Kersfeite:

* Die Neutekraker is die bekendste Kersfeesballet.

* Meer diamante en parfuum word oor Kerstyd verkoop as enige ander tyd in die jaar.

* Die eerste kerskaartjie is 150 jaar gelede in Engeland deur Sir Henry Cole gestuur. Hy was te besig om Kersgroete aan vriende en familie te skryf. Toe vra hy John Callcott Horsley, ‘n bekende skilder, om ‘n kaartjie te ontwerp met ‘n enkele boodskap wat hy aan almal kon stuur. Hallmark het hul eerste Kerskaartjies in 1915 bekend gestel.

* In die Oekraïne word geglo dat wanneer jy ‘n spinnerak op Kersoggend vind, dit vir jou geluk sal bring.

* In die suide van Frankryk hou sommige mense steeds ‘n houtstomp aan die brand vanaf Oukersaand tot Nuwejaarsdag. Dit kom van ‘n antieke gebruik waarin boere die as van hierdie stomp in hul grond terugwerk met die hoop op ‘n vrugbare jaar wat voorlê.

* In Noorweë word alle besems op Oukersaand weggesteek. Daar is geglo dat hekse en geeste besems kom steel terwyl almal besig is om geskenke oop te maak!

* In die Britse weermag is dit tradisioneel vir offisiere om die troepe op Kersdag aan tafel te bedien.

* ‘n Studie in 1995 het aangedui dat 7 uit elke 10 honde geskenke by hul eienaars kry. Gee jy vir jou diere Kersgeskenke?

Bronne: christmas.howstuffworks.com,
www.christmas-celebrations.com/trivia.htm
www.corsinet.com/braincandy/xmastrivia.html