Het jy gehoor?

Tom Cruise die rocker!

Die voorprent vir regisseur Adam Shankman se fliekverwerking van die Broadway-musiekblyspel Rock of Ages het die internet getref, en soos dinge nou lyk, kan Tom Cruise as Stacee Jaxx enige dag saam met legendariese rockers soos Axl Rose, Bon Jovi of Sid Vicious rock!

Sy 80’s-heavy metal-metamorfose is ongelooflik: Kaal bolyf met breë vlerke-tatoeërmerke op sy rug, ‘n super-gespierde lyf wat energiek op die verhoog rondspring, ‘n voorliefde vir styfpassende leerbroeke, pelsjasse, oogomlyner en selfs naellak. En dan kan hy nog sing ook! Treffers van Def Leppard, Poison, Foreigner, Twisted Sister en meer kan gehoor word.

Volgens berigte is sy vertolking die beste in enige rock-fliek tot nou toe. Kyk ook uit vir Alec Baldwin en Catherine Zeta-Jones.

* Sy vrou, Katie Holmes, moes ook ‘n metamorfose ondergaan vir haar rol as Jackie Kennedy in die TV-minireeks, The Kennedys, op DStv se History-kanaal.

Katie Holmes as Jackie Kennedy

KYK DIE VOORPRENT VAN ROCK OF AGES


* Die fliek begin 15 Junie in Amerika draai.