Het jy gehoor?

Tom Cruise: “Egskeiding het my onkant gevang”

Die lewe is nie maklik vir Tom Cruise nie. Dit was 5 dae voor sy 50ste verjaarsdag toe Katie dit aan die wêreld verkonding het: hul huwelik is verby.

“Ek het dit nie verwag nie,” het dié superster-akteur oor sy egskeiding verlede jaar gesê.

Katie Holmes en Tom Cruise

Twee weke ná die aankondiging het die akteur-paar se prokureurs reeds ‘n skikking bereik. Katie het toesig oor hul dogter, Suri, gekry. Tom het op die program gesê die egskeiding ná hul huwelik van 5 jaar, het hom baie tyd gegee om te besin.

Die lewe verander … Om 50 te wees, ervaring te hê en te dink jy het alles onder beheer, en dan slaan dít jou. En dit is wat die lewe is … Die lewe is ‘n tragiese komedie.”

Maar nou dat hy weer enkellopend is, het hy tyd vir baie nuwe projekte. Hy speel in Oblivion teenoor Morgan Freeman en in die wetenskapsfiksiefliek, All You Need is Kill.

Dan werk hy nog blykbaar ook aan ‘n storielyn vir die vyfde film in die Mission Impossible-reeks.

 

Hieronder is die lokprent vir Oblivion: